Moord­ver­dag­te van­dag in hof

Suid-Kaap FORUM - - Wetstoepassing - Wil­ma A­damson

AL­BER­TI­NIA Die ver­dag­te in die moord op S­ha­ron Lee Be­ster, Jo­han­nes Ban­gi­so, sal van­dag (Don­der­dag 9 No­vem­ber) weer in die plaas­li­ke land­dros­hof ver­skyn. Hy het vir die eer­ste keer op Don­der­dag 2 No­vem­ber vir regs­hulp ver­skyn. Ban­gi­so het in aan­hou­ding op Mos­sel­baai ge­bly tot van­dag. Die 52-ja­ri­ge Be­ster is Sa­ter­dag dood in haar huis op die plaas Zout van die Aar­de in die Al­ber­ti­ni­a­dis­trik ge­vind. Daar is oor­spronk­lik ver­moed dat sy 'n be­roer­te ge­had het, maar 'n na­dood­se on­der­soek op 1 No­vem­ber het be­ves­tig dat sy ver­wurg is. Ban­gi­so (20) was 'n werk­ne­mer op die plaas. 'n Pri­vaat ver­as­sings­diens vind Vry­dag 10 No­vem­ber op Ri­vers­dal plaas, met 'n by­een­koms vir fa­mi­lie en vrien­de die vol­gen­de dag op die plaas. Brig. Ger­hard Jan­tjies van Da Ga­mas­kop-po­li­sie het die speur­ders van Al­ber­ti­nia-po­li­sie ge­prys vir hul knap speur­werk deur die ver­dag­te te ar­res­teer, selfs nog voor die uit­slag van die lyk­skou­ing be­kend was. “Hul­le het moed en deur­set­tings­ver­moë ge­toon en on­ver­poosd ge­werk om te ver­se­ker dat die ver­dag­te vas­ge­trek word,” het hy ge­sê. Jan­tjies het ge­rug­te weer­lê dat dit ‘n plaas­aan­val was om­dat die ver­dag­te op die­self­de plaas bly. • Lees vo­ri­ge be­rig by www. suid­kaap­fo­rum.com.

Al­ber­ti­nia-land­dros­kan­toor. IN­LAS: Die ver­moor­de, wy­le S­ha­ron Lee Be­ster.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.