FA­NIE O­LI­VIER

Suid-Kaap FORUM - - Wetstoepassing -

RI­VERS­DAL Die vrien­de­li­ke glim­lag van die groot man by So­li­da­ri­teit Helpende Hand op die dorp gaan voor­waar ge­mis word. Fa­nie O­li­vier (66), voor­sit­ter van die plaas­li­ke tak is op 10 Ok­to­ber aan kan­ker oor­le­de. Hy is se­dert Ju­lie 2014 by Helpende Hand be­trok­ke en het ‘n e­nor­me by­drae as voor­sit­ter ge­le­wer. Hy was ook nou be­trok­ke by die stig­ting van die sken­kings­kan­toor in Au­gus­tus van daar­die jaar. O­li­vier laat sy vrou Bar­ba­ra, as­ook ‘n dog­ter, seun en twee stief­seuns ag­ter. Vol­gens A­de­le W­rig­ht, kli­ën­te­diens­be­amp­te van die Suid-Kaap gaan die streek hom baie mis. “Fa­nie was so 'n in­te­gra­le deel van ons span. Hy het die sken­kings­kan­toor saam met sy vrou be­stuur. Hul­le het baie gou ’n sen­tra­le deel van die ge­meen­skap ge­word. Deur hul­le goeie werk is baie men­se ge­help,” sê W­rig­ht. “Dit is ons hoop dat die ge­meen­skap sal voort­gaan om die So­li­da­ri­teit Helpende Hand sken­kings­kan­toor te on­der­steun soos wat hul­le ge­doen het ter­wyl Fa­nie hier was.” Vir meer in­lig­ting oor die sken­kings­win­kel, ska­kel vir Bar­ba­ra Eras­mus by 071 583 8099 of be­soek die win­kel in Kerk­straat.

Wy­le Fa­nie O­li­vier

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.