E­lek­trie­se kon­sep be­spreek

Suid-Kaap FORUM - - News - Jus­tin Lech. Fo­to: San-Ma­rié Cron­jé

RI­VERS­DAL ’n In­lig­ting­ses­sie op Dins­dag 29 Mei in die Glas­kas by Hes­se­qua­mu­ni­si­pa­li­teit oor al­ter­na­tie­we om e­lek­tri­si­teit op te wek is ui­ters swak by­ge­woon. Slegs drie per­so­ne het dit by­ge­woon, waar­on­der twee boe­re en een ’n be­sig­heids­man. Die ses­sie het ge­han­del oor die kon­sep ‘S­mall S­ca­le Em­bed­ded Ge­ne­ra­ti­on’ en Jus­tin Les­ch, hoof van die e­lek­trie­se af­de­ling het die be­leid ver­dui­de­lik. Dit is op­ge­stel met die doel om al­le be­lang­stel­len­de ver­brui­kers die keu­se te gee om van al­ter­na­tie­we e­ner­gie, soos wind- en son­krag, ge­bruik te maak om e­lek­tri­si­teit op te wek. Hul­le sal die keu­se hê om e­lek­tri­si­teit vir hul eie ge­bruik op te wek of die sur­plus op­wek­king di­rek aan die mu­ni­si­pa­li­teit te ver­koop. Son­krag is op die oom­blik die hoof fo­kus om e­lek­tri­si­teit te be­spaar. Be­sig­he­de so­wel as land­bou­ers sal ver­al baat by die po­gings om groen e­ner­gie i­ni­si­a­tie­we te be­werk­stel­lig in die ge­meen­skap. Die kon­sep­be­leid is op 6 Maart met die raad be­spreek. Die mu­ni­si­pa­li­teit be­oog nog o­pen­ba­re deel­na­me pro­ses­se in die na­bye toe­koms. Vir ver­de­re in­lig­ting be­soek die mu­ni­si­pa­le web­werf www.hes­se­qua.gov. za of stuur ’n e-pos aan e­lek­tro.teg­nies@ hes­se­qua.gov.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.