Moor­de­naar ge­von­nis

Suid-Kaap FORUM - - Voorblad - C­li­ve P­re­to­ri­us

SWELLENDAM Vi­r­gil P­re­to­ri­us van Hei­del­berg wat ver­le­de week skul­dig be­vind is vir die moord op sy voor­ma­li­ge mei­sie, Can­di­ce Al­berts, is vir le­wens­lank tronk toe ge­stuur. P­re­to­ri­us is Don­der­dag­mid­dag 14 Ju­nie in die rond­gaan­de hoog­ge­regs­hof op Swellendam ook tot agt maan­de ge­van­ge­nis­straf op aan­klag van aan­ran­ding met die op­set om erns­tig te be­seer, ge­von­nis. Hy is ook on­be­voeg ver­klaar om ’n vuur­wa­pen te han­teer of te be­sit. Die oud­kon­sta­bel is Maan­dag 11 Ju­nie op Al­berts se ver­jaars­dag skul­dig be­vind op die twee aan­klag­te. Sy von­nis­se sal nie ge­lyk­lo­pend uit­ge­dien word nie. Ter­wyl reg­ter Ro­bert Hen­ney die von­nis­op­leg­ging voor­ge­lees het, het P­re­to­ri­us skyn­baar e­mo­sie­loos kop on­der­ste­bo ge­staan. Bei­de die staat en die ver­de­di­ging het hul slot­be­toë Dins­dag af­ge­sluit waar­in die ver­de­di­ging die hof ge­vra het om die be­skul­dig­de ge­na­dig te wees en ’n straf van tus­sen 18 en 20 jaar toe te pas. Die staat aan die an­der­kant het vir die mak­si­mum straf van le­wens­lank vir die moord ge­vra. Die Al­bert­sou­er­paar, pas­toor Tom­my en sy vrou, Cathy, as­ook P­re­to­ri­us se ma, Di­na en sy oud­ste broer was teen­woor­dig. Die hof was stamp­vol met in­wo­ners van Slang­ri­vier en Hei­del­berg. Dit is ook deur Jen­ni­fer Hart­nick en Lis­by Pie­ter­se, twee plaas­li­ke raads­le­de van Hes­se­qua­mu­ni­si­pa­li­teit by­ge­woon. Hen­ney het ge­sê dat P­re­to­ri­us ’n al­ge­he­le ver­ont­ag­sa­ming toon teen­oor mens­li­ke ver­hou­dings en meer spe­si­fiek die ver­hou­dings met die vrou­ens met wie hy ’n ro­man­tie­se ver­hou­ding aan­ge­gaan het. “Jy is ’n ge­vaar vir die sa­me­le­wing en ver­al vir vroue, daar­om moet jy lank weg­ge­bê­re word. Jy heg geen waar­de aan men­se se le­wens nie.” Vol­gens Hen­ney het adv. Nick du Toit vir die ver­de­di­ging her­haal­de­lik na P­re­to­ri­us se be­rou ver­wys, maar dat hy (Hen­ney), nie an­ders kan as om met die staat, adv. K­re­ban Pil­lay, saam te s­tem dat P­re­to­ri­us geen­sins e­ni­ge be­rou ge­toon het nie. “Jy is eer­der spyt dat jy uit­ge­vang is.” Die von­nis­op­leg­ging is voor­af­ge­gaan met die staat se ver­soek dat Al­berts se 14-ja­ri­ge seun se brief ter ver­swa­ring van von­nis deur sy ou­ma, Cathy, aan die reg­ter voor­ge­lees word. Hen­ney het eg­ter ge­vra dat die brief aan hom oor­han­dig moet word, om­dat sy te be­woë was om dit te doen. In die brief wat Suid-Kaap Forum se kor­re­spon­dent vroe­ër on­der oë ge­had het, vra hy dat P­re­to­ri­us le­wens­lank moet kry en dat hy nie aan hul­le kin­ders en fa­mi­lie ge­dink het toe hy hul moe­der so wreed ver­moor het nie. “Sy fa­mi­lie en sy kin­ders kan hom in die tronk gaan be­soek, maar ons moet na ’n graf toe gaan.” Hen­ney het die staat ge­loof vir hul goeie werk en die reg­span be­dank. E­ric Estree, of­fi­sier ver­bon­de aan die On­af­hank­li­ke Klag­te Di­rek­to­raat (OKD)), as­ook haar ou­ers was te­vre­de met die von­nis. P­re­to­ri­us se ma wou nie kom­men­taar le­wer nie.

Vi­r­gil P­re­to­ri­us luis­ter na sy von­nis­op­leg­ging.

Die Al­berts-eg­paar, pas­toor Tom­my en sy vrou Cathy, bui­te die hof saam met E­ric Estree van die OKD en adv. K­re­ban Pil­lay, staat­aan­kla­er.

Die oor­le­de­ne, Can­di­ce Al­berts.

Cathy Al­berts is erg be­woë ter­wyl sy met Can­di­ce Al­berts se fo­to s­taan ty­dens haar ge­tui­e­nis ter ver­swa­ring in die saak. Fo­to’s: C­li­ve P­re­to­ri­us, kor­re­spon­dent

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.