Tok­ka weer in hof

Suid-Kaap FORUM - - News -

RI­VERS­DAL John Pie­ter­sen, be­ter be­kend as Tok­ka (28’s ben­de­lid) het weer Maan­dag 18 Ju­nie vlug­tig in die plaas­li­ke hof ver­skyn. Die saak is uit­ge­stel tot Maan­dag 25 Ju­nie vir ’n borg­to­gaan­soek. ’n Ge­spe­si­a­li­seer­de taak­span het Don­der­dag 8 Maart op die wo­ning van toe­ge­slaan en hom ge­ar­res­teer. Hy s­taan te­reg op aan­klag­te wat strek van­af han­del­dryf in d­welms, po­ging tot han­del­dryf in d­welms, regs­ver­y­de­ling, op­set­li­ke saak­be­ska­di­ging en aan­ran­ding met die doel om erns­tig te be­seer. Hier­die deeg­li­ke en tyd­sa­me on­der­soek is deur sers. JM S­pan­gen­berg en konst. Chris­ti­aan Z­wie­ge­laar van sta­pel ge­stuur.

John Pie­ter­sen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.