T­wee is krag­boot kam­pi­oe­ne

Suid-Kaap FORUM - - Voorblad - El­za T­hi­art-Bo­tes kor­re­spon­dent

S­TIL­BAAI Die krag­boot­ja­er, Raynor Bec­ker en sy me­de­ja­er, Hugo Eras­mus van Ri­vers­dal is as nom­mer een in die Pro S­tock-klas in die land aan­ge­wys. Dié span het hier­die ge­sog­te toe­ken­ning in­ge­palm na­dat hul­le die mees­te pun­te in dié klas ty­dens die na­si­o­na­le krag­boot­kam­pi­oen­skap aan­ge­te­ken het. Bec­ker en Eras­mus het die 2017/2018- sei­soen as nom­mer t­wee aan­ge­pak met In­ver­ro­che as hul hoof­borg. Hul­le het aan al vier die ron­des van die kam­pi­oen­skap deel­ge­neem. Drie daar­van was by die see en een in die bin­ne­land. Ná ’n goeie be­gin het Bec­ker te­ë­spoed ge­had toe hy sy hand ty­dens die der­de ron­de ge­breek het en geen pun­te kon aan­te­ken nie. Ge­luk­kig was daar ’n groot ga­ping tus­sen die der­de en vier­de ron­des van die reeks wat hom toe­ge­laat het om van sy be­se­ring te her­stel. Hoe­wel sy hand nog nie ten vol­le her­stel het nie, het die span die kans ge­vat om aan die fi­na­le ron­de wat vroe­ër die maand by Van­der­bijl­park plaas­ge­vind het, te gaan deel­neem. Hul­le het hul klas ge­wen en na­dat die jaar­lik­se re­sul­ta­te ver­werk is, het hul­le die af­ge­lo­pe na­week, Son­dag 24 Ju­nie ver­neem dat hul­le die na­si­o­na­le Pro S­tock-klas­kam­pi­oe­ne is. Die span is tans be­sig met voor­be­rei­ding om Suid-A­fri­ka by die wê­reld­krag­boot­kam­pi­oen­skap te ver­teen­woor­dig wat van 28 Sep­tem­ber tot 8 Ok­to­ber by La Gran­de Mot­te in Frank­ryk aan­ge­bied word. Hul­le be­dank hul bor­ge, In­ver­ro­che Dis­til­le­ry S­til­baai, as­ook In­fan­ta In­fla­ta­bles van S­wel­len­dam vir hul on­der­steu­ning waar­son­der hul deel­na­me nie moont­lik is nie. Die span be­dank ook al hul lo­ja­le on­der­steu­ners.

Die krag­boot­kam­pi­oe­ne, Raynor Bec­ker en Hugo Eras­mus breek deur die gol­we. Fo­to ver­skaf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.