Raak Vry­dag los­lit­tig

Suid-Kaap FORUM - - Voorblad -

HES­SE­QUA Wou jy nog al­tyd soos jou held aan­trek of mis­kien net voel hoe dit sou wees om vir een dag Bat­man of Su­per­man te wees? Los­lit­dag skep die i­de­a­le ge­leent­heid vir jou om op Vry­dag 7 Sep­tem­ber daar­die uit­rus­ting uit jou kas te ruk en jou lyf held te hou. Van­jaar se te­ma is, ‘Be an E­ver­y­day He­ro’. Wie sal hier­die jaar ons streek se hel­de wees? Stuur jou Los­lit­fo­to, met die Los­lit­plak­ker sig­baar na san-ma­rie@grou­pe­di­tors.co.za. Los­lit­dag is die land se groot­ste fonds­in­sa­me­lings- en be­wus­ma­kings­pro­jek vir per­so­ne met ge­stremd­heid. Dit is ’n dag waar­op al­mal in SA ge­mak­lik, for­meel of som­mer net ver­spot kan aan­trek wan­neer hul­le werk toe gaan en die amp­te­li­ke Los­lit­plak­ker dra. Ver­skeie sko­le, be­sig­he­de en in­stan­sies word by hier­die dag be­trek met die pret van die Los­lit­te­ma. Jou plak­ker is jou ‘li­sen­sie’ om so ’n groot im­pak te maak en om vir al­mal te wys dat jy per­so­ne met ge­stremd­he­de on­der­steun. Dit kan ver­kry word vir 'n do­na­sie van R10. Los­lit­dag is ook vir Huis Wal­la­ce An­der­son ’n be­lang­ri­ke geld­in­sa­me­lings­pro­jek en jaar­lik­se bron van in­kom­ste. Hul­le ont­vang on­mid­del­lik R4 van el­ke R10 plak­ker wat hul self ver­koop en na­dat die Na­si­o­na­le Raad vir Per­so­ne met Ge­stremd­he­de in SA (die or­ga­ni­sa­sie wat Los­lit­dag be­stuur) die ou­dit ge­doen het, kry hul­le as ge­re­gis­treer­de nie-wins­ge­wen­de or­ga­ni­sa­sie ook geld te­rug vol­gens die hoe­veel­heid plak­kers wat hul­le ver­koop het. On­der­steun Huis Wal­la­ce An­der­son deur jul Los­lit­plak­kers by hul­le aan te s­kaf.

Mees­te men­se ge­niet Los­lit­dag en hou daar­van om vol­gens die te­ma aan te trek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.