Gouws na S­pe­le

Suid-Kaap FORUM - - Voorblad - kor­re­spon­dent El­za T­hi­art-Bo­tes,

S­TIL­BAAI Die SA Ki­te­sur­fing As­so­ci­a­ti­on (Sa­ka) het aan­ge­kon­dig dat die jong vlie­ër­plank­ry­er van dié kus­dorp, Rut Gouws (15), Suid-A­fri­ka en Ki­te­sur­fing by die Jeug O­lim­pie­se S­pe­le in Bu­e­nos Ai­res, Ar­gen­ti­nië sal ver­teen­woor­dig. Die Suid-A­fri­kaan­se span is pas deur die Suid-A­fri­kaan­se S­port­kon­fe­de­ra­sie en O­lim­pie­se Ko­mi­tee (SASCOC) be­kend­ge­maak wat in Ok­to­ber gaan deel­neem. Dit is die eer­ste jaar dat vlie­ër­plank­ry (ki­te­sur­fing) in die O­lim­pie­se pro­gram is. Sa­ka het saam met Sai­ling SA fond­se vir die kwa­li­fi­se­rings­by­een­koms­te, so­wel as vir die O­lim­pie­se S­pe­le be­skik­baar ge­stel. Gouws het die A­fri­ka-kwa­li­fi­se­rings­ron­des wat vroe­ër van­jaar in Dakhla, Morok­ko aan­ge­bied is, ge­wen waar­na sy moes wag ter­wyl SASCOC hul be­sluit oor die span maak. Gouws is nie net die eer­ste vlie­ër­plank­ry­er van Suid-A­fri­ka wat aan die Jeug O­lim­pie­se S­pe­le gaan deel­neem nie, maar sy is ook die e­nig­ste per­soon in die ‘seil’af­de­ling wat die land gaan ver­teen­woor­dig. Sy het fiks ge­bly ter­wyl sy vir die be­slis­sing ge­wag het en sal vir die vol­gen­de paar we­ke tyd saam met haar af­rig­ter, Ty­ro­ne Ra­w­lins span­deer en aan­dag aan be­son­der­he­de van die kom­pe­ti­sie gee, ter­wyl hul­le ook haar ken­nis van die re­ëls sal ver­ste­wig so­dat sy 100% ge­reed is om die wê­reld se bes­te by dié pres­ti­ge by­een­koms aan te vat. -

Fo­to: El­za T­hi­art-Bo­tes, kor­re­spon­dent

Rut Gouws:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.