Be­ster moord: Ban­gi­so skul­dig

Suid-Kaap FORUM - - Voorblad -

MOS­SEL­BAAI Die plaas­wer­ker, Jo­han­nes Ban­gi­so (21) wat Don­der­dag 6 Sep­tem­ber in die rond­gaan­de hoog­ge­regs­hof op Mos­sel­baai skul­dig be­vind is op die moord van ’n boer­vrou van Albertinia, sal Vry­dag 14 Sep­tem­ber ge­von­nis word.

Reg­ter NC Eras­mus het Ban­gi­so skul­dig be­vind dat hy die 52-ja­ri­ge S­ha­ron Lee Be­ster op 27 Ok­to­ber 2017 op die plaas Zout van die Aar­de ver­wurg het. Ban­gi­so het op die plaas groot­ge­word en het se­ke­re er­ken­nings aan die hof ge­maak, maar het on­skul­dig ge­pleit. Hy het aan­ge­voer dat hy Be­ster se voer­tuig wou vat om sy mei­sie te gaan haal, maar deur Be­ster in die gang ver­ras is. Ban­gi­so het haar ’n vuis­hou teen die kop toe­ge­dien en haar daar­na ge­wurg. Eras­mus het Ban­gi­so ook skul­dig be­vind aan huis­braak met die op­set om te steel en roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de. ’n Fo­ren­sie­se pa­ta­loog het ge­tuig dat die wur­ging van S­ha­ron Lee Be­ster die erg­ste ge­val was wat sy nog in haar be­roep ge­sien het. Dr. Chris­ta Hat­tingh het aan die reg­ter ge­sê Be­ster se nek was ’n be­bloe­de mas­sa. Sy het vir die staat teen die be­skul­dig­de ge­tuig.

Seun ge­tuig

Be­ster se seun, Wi­an het na Da­vids vir die staat ge­tuig. Hy sê dit het hom lan­ger as ’n jaar ge­neem om die ge­beu­re te ver­werk. Die ver­de­di­ging het aan hom ge­sê dat die be­skul­dig­de die fa­mi­lie om ver­sko­ning wil vra en be­rou het oor wat hy ge­doen het. Op ’n vraag of Wi­an dit sal aan­vaar, het hy ’n ruk na Ban­gi­so ge­staar en ge­sê hy sal dit aan­vaar wan­neer dit per­soon­lik van Ban­gi­so af kom, maar dat hy steeds nie ver­staan hoe­kom Ban­gi­so sy ma ver­moor het nie.

S­ha­ron Lee Be­ster (links) het goeie ver­hou­dings met al­mal op die plaas ge­had.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.