Nog drie vir dronk­be­stuur ge­ar­res­teer

Suid-Kaap FORUM - - News - C­li­ve P­re­to­ri­us, kor­re­spon­dent

HEIDELBERG T­wee per­so­ne is Vry­dag­aand 31 Au­gus­tus deur sers. Ger­rit Jan­tjies, sek­tor­be­stuur­der, in sa­me­wer­king met pro­vin­si­a­le ver­keers­be­amp­tes ge­ar­res­teer en op aan­klag van be­stuur on­der die in­vloed van al­ko­hol aan­ge­kla. Die der­de per­soon is die nag van 1/2 Sep­tem­ber deur konst. Car­lin We­wers aan­ge­keer. Al drie is na bloed­toet­se op waar­sku­wing vry­ge­laat en moet Vry­dag 5 Ok­to­ber in die hof ver­skyn. Ao. Al­roy Wind­vo­gel, plaas­li­ke po­li­sie­woord­voer­der, het weer­eens be­na­druk dat hul­le geen dronk­be­stuur op die paaie in die streek gaan duld nie en ’n be­roep op al­le be­stuur­ders ge­doen om nie on­der die in­vloed van al­ko­hol te be­stuur nie. -

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.