Nog ’n Gou­rits­brug-tra­ge­die skok

Suid-Kaap FORUM - - News -

ALBERTINIA Die le­we­lo­se lig­gaam van ’n man is Dins­dag 11 Sep­tem­ber on­der die Gou­rits­ri­vier­brug ge­vind.

’n Ver­by­gan­ger het on­raad ver­moed na­dat hy ’n ver­la­te voer­tuig op die brug langs die N2 sien staan het. Hy het ver­moed dat die ei­e­naar van die mo­tor moont­lik by die brug kon af­spring en het on­der­soek in­ge­stel, waar­na hy on­mid­del­lik die po­li­sie ge­kon­tak het. Albertinia-speur­tak het be­ves­tig dat le­de van die Wes-Kaap Fo­ren­sie­se Pa­to­lo­gie­se Diens­ste en EMS af­ge­sak het en ’n lig­gaam om­streeks 11:00 in die bos­se on­der die brug ge­vind is. Die po­li­sie het ge­noem dat die ver­la­te voer­tuig aan die per­soon wie se lig­gaam ge­vind is, be­hoort. Die fo­ren­sie­se diens­te het die lig­gaam weg­ge­neem en fa­mi­lie moet nog die uit­ken­ning doen. ’n Lykskou­ing sal Don­der­dag 13 Sep­tem­ber ge­doen word. Geen vuil­spel word ver­moed nie.

Fo­to: Nic­key le Roux, Mos­sel­baai Ad­ver­ti­ser

Po­li­sie­le­de op N2 by die Gou­rits­brug.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.