Uit­koms vir Moos en Jas­mi­ne

Suid-Kaap FORUM - - Voorblad - Wil­ma A­damson

RIVERSDAL Na­dat die be­rig oor Moos Louw en Jas­mi­ne Sep­tem­ber ver­le­de week in Suid-Kaap Forum, maar ook op ons web­tuis­te en Fa­ce­book-blad met ’n by­gaan­de vi­deo ver­skyn het, het ver­skeie wel­doe­ners na vo­re ge­kom. Barm­har­ti­ge sa­ma­ri­ta­ne wat hul­self tot sken­kings ver­bind het en waar­skyn­lik in die vol­gen­de week of twee sal re­a­li­seer, is El­sché Ey­ge­laar van Kaap­stad, Re­tha van Zyl van Oos-Lon­den en CCC Tra­ders van Riversdal met on­der­skei­de­lik twee fiets­val­helms en glim­baad­jies (El­sché), al­les wat be­no­dig word om ’n pap wiel te her­stel, as­ook twee bin­ne­ban­de en re­ën­baad­jies (Re­tha) en ’n nu­we saal (CCC Tra­ders). ’n Moont­lik­heid be­staan ook dat die paar­tjie dalk ’n nu­we fiets gaan kry, maar dit is nog nie be­ves­tig nie. Die­ge­ne wat die vo­ri­ge be­rig dalk ge­mis het kan ons web­tuis­te be­soek, maar in kort gaan dit oor die 52-ja­ri­ge Moos wat sy saam­leef­maat met sy fiets werk toe neem, al die pad na die plaas waar hy werk te­rug­ry en haar smid­dae weer gaan haal. Die plaas is on­ge­veer 15 ki­lo­me­ter bui­te Riversdal en met heel­wat steil op­draan­des, dik­wels on­gu­re weers­om­stan­dig­he­de, ’n fiets son­der rat­te en stuk­ken­de saal, is dit werk­lik nie ’n mak­li­ke taak nie.

• Vir die vo­ri­ge be­rig en vi­deo, gaan na www. suid­kaap­fo­rum.com. Die vi­deo is ook op ons Fa­ce­book-blad. E­ni­ge na­vrae kan aan die re­dak­teur by 028 713 2468 ge­rig word.

Jas­mi­ne Sep­tem­ber en Moos Louw.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.