A­friForum bied op­lei­ding

Suid-Kaap FORUM - - News -

RIVERSDAL A­friForum se Gou­kou-plaas­wag wat deel vorm van die bur­ger­reg­te or­ga­ni­sa­sie se Hes­se­qua-tak­struk­tuur, het Don­der­dag 6 Sep­tem­ber op­lei­ding ont­vang oor regs­as­pek­te wat op pa­trol­lies van toe­pas­sing is. Dié gra­tis op­lei­ding­ses­sie is aan­ge­bied deur T­ho­mas van Da­len, A­friForum se op­lei­dings­be­stuur­der by ge­meen­skaps­vei­lig­heid. Meer as 80 le­de van die ge­meen­skap het dit by­ge­woon. “Dit is be­lang­rik dat buurt- en plaas­wag­le­de ken­nis dra van wat hul­le vol­gens wet mag en nie mag doen nie, so­dat hul­le al­tyd bin­ne die raam­werk van die reg op­tree. Ons moe­dig ge­meen­skap­pe aan om pro­ak­tief te wees en by vei­lig­heid­struk­tu­re soos A­friForum se buurt- en plaas­wag­te be­trok­ke te raak,” sê Jo­han Crous, vei­lig­heids­voor­sit­ter van A­friForum se Hes­se­qua­tak. Vol­gens Van Da­len fo­kus A­friForum tans sterk op vei­lig­heid. “Dit is vir ons be­lang­rik dat ge­meen­skap­pe op­ge­lei word so­dat hul­le hul­self met die by­stand van A­friForum kan be­vei­lig,” sê Van Da­len. Raak by A­friForum se buur­ten plaas­wag­te be­trok­ke: SMS ‘Vei­lig­heid’ na 45351 (R1).

T­ho­mas van Da­len be­sig om vei­lig­heids­op­lei­ding aan te bied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.