Mid­del­ja­ri­ge vrou met dwelms ge­vang

Suid-Kaap FORUM - - News -

’n 56-Ja­ri­ge lig­gaam­lik ge­strem­de vrou wat aan ’n rol­stoel ge­kluis­ter is, is Sa­ter­dag­og­gend 15 Sep­tem­ber in Diep­kloof, Hei­del­berg vir be­sit van dwelms in haar huis ge­ar­res­teer na­dat sy glo die plaas­li­ke po­li­sie ge­bel het om ’n klag aan­han­gig te maak. Vol­gens ao. Al­roy Wind­vo­gel, plaas­li­ke me­di­a­woord­voer­der het die po­li­sie se C-skof by hul aan­koms 19 stop­pe dag­ga, los dag­ga, twee tiklol­lies, ver­droog­de dag­ga­plan­te en fyn­ge­kap­te man­drax­poei­er in ’n bot­tel­kop in die huis ge­kry. Die ver­dag­te is op waar­sku­wing vry­ge­laat na­dat sy Maan­dag 17 Sep­tem­ber in die plaas­li­ke hof op aan­klag van be­sit van dwelms ver­skyn het. Die saak is tot ’n on­be­paal­de da­tum uit­ge­stel, tot die uit­slag van die toet­se op die dwelms (tik) be­kend is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.