Moos ont­vang troos

Suid-Kaap FORUM - - Voorblad - Wil­ma A­damson E­ni­ge na­vrae kan aan die re­dak­teur by 028 713 2468 ge­rig word. Vir die vo­ri­ge be­rig­te en die vi­de­os, gaan na www.suid­kaap­fo­rum.com en ook ons Fa­ce­book-blad.

RI­VERS­DAL Moos Louw en Jas­mi­ne Sep­tem­ber, wie se ver­haal let­ter­lik dui­sen­de men­se se har­te ge­raak het, het Dins­dag 25 Sep­tem­ber ’n splin­ter­nu­we fiets ont­vang. Gra­ham Hech­ter van Bel­gië was so deur die paar­tjie se ver­haal ge­raak, dat hy nie om­ge­gee het wat die kos­te van ’n fiets vir hul­le sou wees nie. Hech­ter het ja­re ge­le­de op Wor­ces­ter ge­bly en het kon­tak met Ar­no en I­re­ne du Toit van dié dorp ge­maak om uit te vind hoe om te werk te gaan om dit te be­werk­stel­lig. Hy en Ar­no was saam op skool en des­tyds le­de van die Li­ons-klub. Die Du Toits het op hul beurt hul vriend op Ri­vers­dal, Co­bus Klop­pers ge­na­der, wat die goeie nuus aan Suid-Kaap Forum oor­ge­dra het. Moos en Jas­mi­ne moes nie on­raad ver­moed nie en is net ver­langs uit­ge­vra oor wat­ter soort fiets hul­le graag sou wou hê, in­ge­val dit een­dag ’n werk­lik­heid sou word. Moos was baie be­skeie en het ge­sê so­lank dit net ’n ‘back pad­d­le’ is, sal hy glad nie om­gee nie. Hy was baie op­ge­won­de om­dat an­der wel­doe­ners na vo­re ge­kom het met on­der meer ’n nu­we saal vir sy fiets, mod­der­skerms, ’n or­dent­li­ke slot, toe­ter (nie klok­kie nie) en ket­ting­o­lie. In­tus­sen het die koe­rant en Klop­pers da­de­lik aan die werk ge­spring. Jack­sons Mo­tor­on­der­de­le, wat ook fiet­se en -be­no­digd­he­de ver­koop, is ge­na­der en die ver­lang­de fiets is be­stel. Moos en Jas­mi­ne is ge­vra om Dins­dag na die koe­rant­kan­toor te kom om die saal en an­der goed te kom af­haal, en was dus baie ver­ras toe ’n prag­ti­ge rooi-en-wit fiets hul­le in­wag. Van die sken­kers wat hul har­te en beur­sies oop­ge­maak het en die i­tems reeds ont­vang is, is A­dé­le van Jaars­veld van Har­ten­bos, Chris van S­chalk­wyk (jnr.) en CCC Tra­ders, bei­de van Ri­vers­dal. An­der wel­doe­ners wat hul­self ook tot sken­kings ver­bind het, is El­sché Ey­ge­laar van Kaap­stad en Re­tha van Zyl van Oos-Lon­den. Die­ge­ne wat die vo­ri­ge be­rig­te dalk ge­mis het kan ons web­tuis­te be­soek, maar in kort gaan dit oor die 52-ja­ri­ge Moos wat sy saam­leef­maat met sy fiets werk toe neem, al die pad te­rug­ry na die plaas waar hy werk en haar smid­dae weer gaan haal. Die plaas is on­ge­veer 15 ki­lo­me­ter bui­te Ri­vers­dal en met heel­wat steil op­draan­des, dik­wels on­gu­re weers­om­stan­dig­he­de, ’n fiets son­der rat­te en stuk­ken­de saal, is dit werk­lik nie ’n mak­li­ke taak nie - en wan­neer die fiets stuk­kend is, loop hy saam met haar...

Fo­to’s: Wil­ma A­damson

’n Oor­stelp­te Moos spog met sy nu­we ry­ding.

Jas­mi­ne Sep­tem­ber en Moos Louw staan by sy ou fiets.

Die paar­tjie is in hul skik met die i­tems wat wel­doe­ners ge­skenk het om sy ou fiets reg te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.