Draf vir Er­fe­nis

Suid-Kaap FORUM - - Voorblad - El­za T­hi­art-Bo­tes kor­re­spon­dent

S­TIL­BAAI Daar is Sa­ter­dag 22 Sep­tem­ber heer­lik in dié kus­dorp fees­ge­vier met die Har­courts Hes­se­qua Her­i­ta­ge Fe­s­ti­val wat vir die twee­de ag­ter­een­vol­gen­de jaar aan­ge­bied is. Fees­gan­gers kon kies en keur uit ’n ver­skei­den­heid eet- en drink­goed by die Brood- en be­skuit­fees­ge­deel­te wat by die toe­ris­me­bu­ro plaas­ge­vind het. Die twee draf­by­een­koms­te het ook daar ge­ëin­dig. By die eind­punt het plaas­li­ke kuns­te­naars lek­ker le­wen­di­ge boe­re­mu­siek ge­maak ter­wyl al­mal rus­tig kon kui­er. On­ge­veer 200 deel­ne­mers, wat heel­wat va­kan­sie­gan­gers en be­soe­kers in­ge­sluit het, het on­der per­fek­te weers­om­stan­dig­he­de aan die 5 km- en 16 km-wed­lo­pe deel­ge­neem. Laas­ge­noem­de roe­te het by die ge­typoel in Jon­gens­fon­tein be­gin en deel­ne­mers al langs die kus en langs die Gou­kou­ri­vier tot by die eind­punt ge­neem, ter­wyl die kor­ter 5 km­ge­deel­te by die S­kul­pies­baai Na­tuur­re­ser­vaat be­gin en die­self­de roe­te ge­volg het. Die kor­ter roe­te is ver­al ge­wild on­der kin­ders, maar ook on­der die­ge­ne wat dit teen ’n sta­di­ger pas aan­pak om nie net hul a­sems te spaar nie, maar ook die na­tuur­skoon te be­won­der en met ’n ge­sel­sie of twee op te vang.

Wed­loop­uit­slae

Die 16 km-trail run is deur die Ri­vers­dal­draw­wer, Da­nie Gel­den­huys in ’n tyd van 1 uur 20 mi­nu­te ge­wen, ge­volg deur Wyn­and Vil­joen van die Kaap so twee mi­nu­te ag­ter hom en die eer­ste da­me by die ein­de, A­na­lie Heyns, ook van Ri­vers­dal wat der­de al­ge­heel was. Ger­hard du Toit was der­de in die mans­af­de­ling, met E­li­ze Klop­pers van Har­ten­bos die twee­de da­me en Wen­dy Jou­bert, ook van Ri­vers­dal, der­de. In die 5 km-af­de­ling was dit die jong Mos­sel­baai-la­er­skool­leer­der, Ta­nya S­choe­man wat stof in die res se oë ge­skop het deur die af­stand in ’n tyd van 23 mi­nu­te en 7 se­kon­des kaf te draf. Nóg ’n sko­lier, Con­rad Heyns was net ’n paar se­kon­des ag­ter S­choe­man in die twee­de plek en was die eer­ste seun by die ein­de ge­volg deur Mor­né Fuls en Har­dus van Jaars­veld. La­nah Nel was die twee­de jong da­me by die ein­de met Nel­bé Mou­ton der­de.

Be­skuit­kom­pe­ti­sie

Die ge­wil­de Eu­re­ka Mills­be­skuit­kom­pe­ti­sie het van­jaar wéér heel­wat in­skry­wings ont­vang en na­dat die be­oor­de­laars om­trent moes bont­staan met die proe­ë­ry, was dit C­heri He­fer se mues­li-be­skuit wat die wen­prys ver­o­wer het. Sy het het ’n na­week vir twee per­so­ne by S­trand­veld-wy­ne na­by B­re­das­dorp ge­wen, as­ook ’n mid­dag­e­te en wyn­proe by Jan Harms­gat-wyn­land­goed in die S­wel­len­dam-om­ge­wing met die Put­stop­vul­sta­sie bui­te S­til­baai wat ’n by­drae tot die brand­stof ge­maak het. Lea du Toit se ge­son­heid­be­skuit was twee­de en sy het ’n wilds­be­sig­ti­gings­be­soek vir twee vol­was­se­nes en twee kin­ders by die Gar­den Rou­te Ga­me Lod­ge ge­wen, ter­wyl Estel­le Vor­ster se grow­we be­skuit der­de was en vir haar ’n o­li­fants­tap vir twee by In­da­lu Ga­me Re­ser­ve ge­wen het. Al­mal het ook meel­ge­skenk­pak­ke van Eu­re­ka Mills ge­wen. Dié meel­ver­vaar­di­ger van Hei­del­ber­gom­ge­wing het die kin­ders ook ge­leer om stok­brood te braai, ter­wyl daar heel­wat an­der pret vir die kin­ders was. Vol­le­di­ge re­sul­ta­te en fo­to’s van die wed­lo­pe, as­ook die fees is be­skik­baar by www.mys­til­baai.co.za en op Hes­se­qua Her­i­ta­ge Fees op Fa­ce­book.

Ka­ren Went­zel van Ri­vers­dal voel vro­lik ty­dens die 16 km-trail run. Fo­to’s: Ri­chard Webb

Ta­nya S­choe­man (voor) was die eer­ste deel­ne­mer na die 5 km-wed­loop by die ein­de. La­nah Nel met nom­mer 894 was twee­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.