GRU-ONGELUK: DRIE DOOD, EEN OORLEEF

Suid-Kaap FORUM - - Voorblad - San-Ma­rié Cron­jé

ALBERTINIA Die ge­meen­skap is Son­dag 23 Sep­tem­ber in rou ge­dom­pel na­dat drie jong vrien­de in ’n ongeluk dood is. Die jong mans is uit ’n sil­wer­kleu­ri­ge mo­tor ge­slin­ger na­dat die be­stuur­der ver­moe­de­lik be­heer oor die voer­tuig ver­loor het. Met die aan­koms van nood­diens­te is Ce­drick Rui­ters (27) en Fran­cois Kol­ler (22) op die to­neel dood ver­klaar. Ge­ral­do Kan­ne­mey­er (28) en Corn­vil­le Saay­man is na Ri­vers­dal­hos­pi­taal ge­neem waar­na Kan­ne­mey­er aan sy won­de be­swyk het. Saay­man het erns­ti­ge be­se­rings op­ge­doen en is steeds in die hos­pi­taal. Die ongeluk het om en by ’n ki­lo­me­ter na die Soet­melk­s­ri­vier af­draai, rig­ting Albertinia plaas­ge­vind. Vol­gens lt.kol. De­li­cia I­saacs, Ri­vers­dal­po­li­sie sta­sie­be­vel­voer­der, het die ongeluk na mid­der­nag plaas­ge­vind. “Op die to­neel het die grys­kleu­ri­ge mo­tor skuins op sy dak ge­lê. ’n Saak van straf­ba­re man­slag word on­der­soek.” Vi­ron C­hes­ter Ju­lies het op Rui­ters se Fa­ce­book ge­skryf: Waar be­gin ek neef? Ek dank God dat hy jou aan ons vir so­veel ja­re ge­leen het, maar dit was gis­ter­aand die laas­te van jou en die ge­voel van seer in my kan ek nie be­skryf nie. Ons het so­veel min tyd met me­kaar deur­ge­bring as ge­volg van die af­stand en dis moei­lik om te ver­staan dat jy nie meer daar is nie. Jy gaan be­slis ge­mis word maar jy sal el­ke dag in ons har­te wees.

Vrien­de, fa­mi­lie en selfs vreem­de­lin­ge het hul me­de­lye op so­si­a­le me­dia uit­ge­spreek

E­li­za­beth Mi­cha­els: My con­do­len­ces to the fa­mi­ly, we don’t no why but God knows. RIP Re­ne Rooth­man: Har­te is stuk­kend. Rus in vre­de Andrew Ca­me­ron: Dis vrees­lik hart­seer jis­sie gaan jou lag mis my ko­le­ga Ce­drick Rui­ters my rug­by vriend kan dit nog­steeds nie glo nie Vu­sis­khum­bu­zo Ma­zi­bu­ko: R.I.P MAN­NE Gla­dys Hen­dricks: Baie sad sterk­te vi hle fa­mi­lie T­ri­fo­w­za Va­len­ti­ne: Ce­drick Rui­ters ek mis jou al kla my hub­by. Kan dit nie glo nie. Kids is nog so klein dan.

Fran­cois Kol­ler was die jong­ste van die vier per­so­ne wat in die voer­tuig was. Hy was slegs 22 jaar oud. MIDDEL: Ce­drick Rui­ters. REGS: Ge­ral­do Kan­ne­mey­er

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.