Nog on­ge­luk­ke op die N2, Hes­se­qua-streek

Suid-Kaap FORUM - - Voorblad -

HES­SE­QUA ’n Vrou is raak­ge­ry na­dat sy blyk­baar in die middel van die pad op die N2 na­by K­week­kraal, Hei­del­berg ge­staan het.

Die voor­val het om­streeks 00:45 op Son­dag 23 Sep­tem­ber plaas­ge­vind, waar­na sy na Ri­vers­dal-hos­pi­taal vir be­han­de­ling ge­neem is. ’n Saak van roe­ke­lo­se en na­la­ti­ge be­stuur is ge­o­pen en word on­der­soek. Die be­stuur­der is van Ri­vers­dal. Teen druk­tyd was die vrou se toe­stand on­be­kend. Vier per­so­ne is erns­tig be­seer na­dat twee voer­tuie om­streeks 20:25 op Dins­dag 25 Sep­tem­ber na­by Re­sies­baan, Albertinia op die N2 ge­bots het. Die oor­saak van die ongeluk is on­be­kend en die saak word on­der­soek. Twee pas­sa­siers het slegs lig­te be­se­rings op­ge­doen en al­mal is moont­lik na Ri­vers­dal-hos­pi­taal vir be­han­de­ling ver­voer. Blyk­baar het nood­diens­te ge­spook om van die in­sit­ten­des uit die wrak te haal. Vol­gens die plaas­li­ke po­li­sie is een van die be­seer­des ’n bui­te­lan­der van C­hi­na. Nood­diens­te maan die pu­bliek om nie kan­se te vat wan­neer hul­le be­stuur nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.