HES­SE­QUA POTSPELUITSLAE

Suid-Kaap FORUM - - Sport - - C­li­ve P­re­to­ri­us, kor­re­spon­dent

Son­dag 23 Sep­tem­ber Dé­jà Vu teen K­hu­la’s

Dé­jà Vu van Hei­del­berg, die hui­di­ge voor­lo­pers in die Hes­se­qua-pot­spe­l­u­nie het hul po­si­sie bo-aan die pun­te­leer ver­ste­wig toe hul­le vir K­hu­la’s van Ri­vers­dal be­hoor­lik plat­ge­vee en hul weg­wed­stryd met 25-11 ge­wen het. Die A- en C-span­ne het re­de­lik ge­mak­lik ge­wen met tel­lings van 9-3 elk. Die tuis­span se B-span het iet­wat weer­stand ge­bied om met 5-7 te ver­loor. E­land­ré Links van Dé­jà Vu is as spe­ler van die wed­stryd aan­ge­wys.

Pu­mas teen An­gels

Pu­mas van Hei­del­berg het in hul weg der­by­wed­stryd net-net hul buur­span, An­gels, met 19-17 ge­troef. Die tuis­klub se A- en B-span­ne het goeie weer­stand ge­bied en bei­de wed­stry­de met 6-6 ge­lyk­op ge­speel. Pu­mas se C-span het die knoop met ’n na­el­skraap­se oor­win­ning van 7-5 deur­ge­haak. Ens­lin Naudt is as spe­ler van die wed­stryd aan­ge­wys.

Ti­ger S­hoo­t­ers teen Cra­zy 8

Ti­ger S­hoo­t­ers van Slang­ri­vier het in hul weg­wed­stryd net-net teen K­hu­la’s van Ri­vers­dal vas­ge­val en met 19-17 ver­loor. Cra­zy 8 se C-span het hul wed­stryd met 7-5 ge­wen, ter­wyl bei­de die B- en A-span­ne met 6 elk ge­lyk­op ge­speel het. Lee So­lo­mons van Cra­zy 8 is as spe­ler van die wed­stryd aan­ge­wys.

Play­boys teen Po­wer Kids

Play­boys van Ri­vers­dal het in hul weg­wed­stryd teen Po­wer Kids net-net deur­ge­skuur en met 20-18 ge­se­ë­vier na­dat hul­le die uit­speel­wed­stryd met 2-0 be­klink het. Die C-span­ne het met 6-6 ge­lyk­op ge­speel, ter­wyl Po­wer Boys se B-span met 8-4 ge­wen het. Play­boys se A-span moes eg­ter al­les uit­haal om ook hul wed­stryd met 8-4 te wen. Du­ran Ju­ries en Ro­nal­di­no Pie­ter­se het hul uit­speel­wed­stry­de ge­wen. Pie­ter­se is ook as spe­ler van die wed­stryd aan­ge­wys.

Gol­den Q1 teen New Ge­ne­ra­ti­on

Gol­den Q1 van Hei­del­berg het in hul weg­wed­stryd teen hul buur­span, New Ge­ne­ra­ti­on met ’n na­el­skraap­se oor­win­ning van 19-17 weer op die wen­pad ge­kom. New Ge­ne­ra­ti­ons se C-span het goed af­ge­skiet om hul wed­stryd met 9-3 te wen, ter­wyl Gol­den Q1 se B-span met die­self­de tel­ling ge­wen het. Goeie spel deur Gol­den Q1 se A-span het hul­le in staat ge­stel om 7-5 te wen en so­doen­de die wed­stryd te be­klink. I­vor Hen­dricks van die wen­ners is as spe­ler van die wed­stryd aan­ge­wys.

Ri­sing Stars teen Gol­den Q2

Gol­den Q2 van Hei­del­berg het vol pun­te ge­kry toe Ri­sing Stars van Albertinia nie vir hul wed­stryd op­ge­daag het nie.

Do­wn To­wn teen Pro Stars

Pro Stars van Hei­del­berg het in hul tuis­wed­stryd teen Do­wn To­wn van Albertinia met 20-16 vas­ge­val. Do­wn To­wn se C-span het hul wed­stryd met 8-4 ge­wen, ter­wyl bei­de die B- en A-span­ne met 6 elk ge­lyk­op ge­speel het.

E­land­ré Links van Dé­jà Vu.

Ens­lin Naudt van Pu­mas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.