On­ge­luk­sy­fer klim met ras­se skre­de

Suid-Kaap FORUM - - Forum -

HESSEQUA Heel­wat on­ge­luk­ke het ge­du­ren­de Sep­tem­ber op die N2 van­af Al­ber­ti­nia na Ri­ver­sal plaas­ge­vind. Dit was ver­al Son­dag 23 en Dins­dag 25 Sep­tem­ber wat die on­ge­luk­sta­tis­tie­ke op dié pad die hoog­te in­ge­skiet het. Suid-Kaap Forum het in ver­le­de week se uit­ga­we op ons voor­blad be­rig van die erns­ti­ge on­ge­luk Dins­dag waar drie jong­mans oor­le­de en een erns­tig be­seer is, as­ook ’n vrou wat Son­dag raak­ge­ry en nog vier per­so­ne wat erns­tig be­seer is in af­son­der­li­ke voor­val­le. An­der bot­sings en on­ge­luk­ke wat Dins­dag plaas­ge­vind het, was die og­gend toe ’n Toyo­ta Hi­lux ’n bok ge­tref het, on­ge­veer 15 km bui­te Al­ber­ti­nia, rig­ting Mos­sel­baai; laat­mid­dag het ’n Toyo­ta Hi­no-trok­kie on­ge­veer t­wee km bui­te Al­ber­ti­nia vir ’n dier uit­ge­swaai, die pad ver­laat en in sag­te sand vas­ge­sit en die­self­de aand, on­ge­veer 22:00 was drie voer­tuie in ’n bot­sing be­trok­ke. Dit het ook 15 km bui­te Al­ber­ti­nia, rig­ting Ri­vers­dal plaas­ge­vind en al drie voer­tuie moes van die to­neel weg­ge­sleep word. Mo­to­ris­te word ge­maan om ver­sig­tig te be­stuur, by die spoed­grens te hou en an­der mo­to­ris­te in ag te neem. Kom eer­der laat as nooit by jou be­stem­ming aan.

Een van die drie voer­tuie wat in ’n bot­sing be­trok­ke was.

Die bak­kie het ‘n bok ge­tref.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.