POLISIEWAARSKUWINGS

Suid-Kaap FORUM - - Forum -

Drink en be­stuur

Ri­vers­dal-po­li­sie maan mo­to­ris­te om nie te drink en te be­stuur nie. Lt.kol. De­li­cia I­saacs, sta­sie­be­vel­voer­der sê: “Per­so­ne be­stuur steeds on­der die in­vloed van al­ko­hol, dik­wels met pas­sa­siers ook in die voer­tuig. Jy plaas die le­we van jou pas­sa­siers én die vol­gen­de per­soon in ge­vaar. Hier­die ge­drag sal on­der geen om­stan­dig­he­de ge­duld word nie. Ons sal op­tree teen­oor al­mal wat die wet oor­tree.” T­wee per­so­ne is on­langs vir dronk­be­stuur ge­ar­res­teer.

Ver­my dié ge­bie­de

Die pu­bliek word ge­vra om nie in don­ker ge­bie­de te be­weeg nie. Ver­al voet­gan­gers wat van­af ’n drink­plek (ta­vern) huis toe loop. “Men­se loop ver­al oor die spoor­lyn waar dit baie don­ker is. Hul­le word be­roof, aan­ge­rand en weet in baie ge­val­le nie wie dit ge­doen het nie. Moe­nie ’n slag­of­fer van mis­daad word nie,” maan I­saacs. Van dié so­ge­naam­de ‘hot spots’ is Ju­ris­ch Park, die N2, spoor­lyn en die par­keer­ter­rein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.