Lief­despaar­tjie trap nou saam

Suid-Kaap FORUM - - Front Page - Wil­ma A­damson www.suid­kaap­fo­rum.com

Nóg wel­doe­ners het na vo­re ge­kom na­dat hul­le in Suid-Kaap Forum en op ons web­tuis­te ge­lees het van Moos se lief­de vir sy Jas­mi­ne; dat dit selfs na 31 jaar se saam­wees ’n lief­destaak is om haar el­ke dag 15 km ver werk toe te vat - per fiets. ’n Eg­paar van die dorp het be­sluit om dié ta­kie van die 52-ja­ri­ge Moos ef­fens te ver­lig en het aan Jas­mi­ne ’n prag­ti­ge da­mes­fiets ge­skenk, met ’n by­pas­sen­de fiets­val­helm. “Dit is vir ons hart­seer dat so min men­se uit ons eie dorp na vo­re ge­kom het om hul­le te help,” het die man ge­sê toe hy die fiets na die koe­rant­kan­to­re ge­bring het. Van die plaas­li­ke sken­kers wat i­tems ge­skenk het om Moos se ou fiets te her­stel, is Jack­son’s Mo­tor­on­der­de­le, Chris van S­chalk­wyk (jr.) en CCC Tra­ders. Moos se fiets is deur Gra­ham Hecter van Bel­gië ge­skenk en A­dé­le van Jaars­veld van Har­ten­bos het ook ver­skeie fiets­be­no­digd­he­de aan die paar­tjie ge­gee. Jas­mi­ne se fiets is Maan­dag 8 Ok­to­ber aan haar oor­han­dig en Suid-Kaap Forum het haar en Moos die mid­dag op die N2 on­der­weg na Soet­melk­s­ri­vier ge­kry, waar Moos op die plaas werk en hul­le woon, fluks aan die trap op hul nu­we fiet­se! • Vir vo­ri­ge be­rig­te en vi­de­os, be­soek ons Fa­ce­book-blad, as­ook web­tuis­te by

Moos en Jas­mi­ne staan trots by die fiet­se wat aan hul­le ge­skenk is. Bo: Moos Louw met die sak wat deur Jack­sons Mo­tor­on­der­de­le ge­skenk is. Fo­to’s: Wil­ma A­damson.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.