Tok­ka en Se­foor vry­ge­laat

Suid-Kaap FORUM - - News -

John Pie­ter­sen (Tok­ka) wat op 8 Maart van­jaar op ver­skeie aan­klag­te in Ri­vers­dal ge­ar­res­teer is, so­wel as Lo­gan Se­foor is Dins­dag 9 Ok­to­ber deur die hoog­ge­regs­hof op borg van R5 000 elk vry­ge­laat. Pie­ter­sen staan op aan­klag­te van han­del­dryf in dwelms, po­ging tot han­del­dryf in dwelms, regs­ver­y­de­ling, op­set­li­ke saak­be­ska­di­ging en aan­ran­ding met die doel om erns­tig te be­seer te­reg. Se­foor is ook vir be­weer­de dwelm­han­del ge­ar­res­teer. Al­bei mag nie bin­ne die land­dros­dis­trik van Ri­vers­dal wees son­der die ge­skre­we toe­stem­ming van sers. JM S­pan­gen­berg nie. S­pan­gen­berg het ge­sê: “Bei­de moet vir die duur van die ver­hoor in die Kaap bly en drie maal per week by die plaas­li­ke po­li­sie­sta­sie aan­meld. Die dae wat hul­le in die hof op Ri­vers­dal ver­skyn mag hul hier wees. Hul­le is ook ge­waar­sku om nie by Tok­ka se wo­ning te kom en om nie met e­ni­ge ge­tui­es te kom­mu­ni­keer nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.