Man ver­krag glo vrien­din

Suid-Kaap FORUM - - News -

• ’n 33-Ja­ri­ge man het Dins­dag 9 Ok­to­ber in Heidelberg-land­dros­hof ver­skyn op aan­klag van ver­krag­ting na­dat hy glo sy 40-ja­ri­ge vrien­din Sa­ter­dag­aand 6 Ok­to­ber ver­krag het.Vol­gens ao. Al­roy Wind­vo­gel het die voor­val blyk­baar plaas­ge­vind na­dat die paar­tjie die dra­ma­fees in die Dui­ven­hoks-ge­meen­skap­saal by­ge­woon het. Die ver­dag­te is op eie ver­ant­woor­de­lik­heid vry­ge­laat en gaan in Kaap­stad by fa­mi­lie woon tot sy vol­gen­de hof­ver­sky­ning op Dins­dag 20 No­vem­ber. • In­tus­sen ver­skyn die 61-ja­ri­ge on­der­wy­ser weer Vry­dag 12 Ok­to­ber in die hof op aan­klag van sek­su­e­le aan­ran­ding. Hy was daar­van aan­ge­kla dat hy ’n leer­der by die kos­huis sek­su­eel mo­les­teer het. Hy ver­skyn Don­der­dag 11 Ok­to­ber op Ri­vers­dal vir be­pa­ling van ’n ver­hoor­da­tum.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.