2 DOOD OP R305

Suid-Kaap FORUM - - Voorblad - Wil­ma A­damson Be­soek ons web­tuis­te by www. suid­kaap­fo­rum.com vir ’n vo­ri­ge be­rig.

STILBAAI Die twee per­so­ne wat Vry­dag 2 No­vem­ber on­ge­veer 13:40 nood­lot­tig be­seer is in ’n bot­sing op die R305/ Hec­tor­skraal-af­rit by Dro­ë­vlak­te, se na­me is be­kend­ge­maak.

Han­nes (Han­sie) Ba­ker en A­dri­aan Pie­ter­se het op die to­neel aan hul be­se­rings be­swyk. Vol­gens ’n om­stan­der op die to­neel het Pie­ter­se langs die pad ge­staan toe die bot­sing plaas­ge­vind het. Hy het blyk­baar klaar ge­werk en het vir sy ge­leent­heid huis toe ge­wag toe een van die voer­tuie hom tref. Twee voer­tuie en ’n vrag­mo­tor was in die bot­sing be­trok­ke, maar dit is nie se­ker wat pre­sies ge­beur het nie. “Die po­li­sie op Stilbaai on­der­soek ’n saak van straf­ba­re man­slag na­dat twee per­so­ne ty­dens ’n mo­tor­voer­tuig­bot­sing waar­in drie voer­tuie be­trok­ke was, oor­le­de is. Die oor­saak van die bot­sing word tans on­der­soek,” het ao. Mor­né D’E­mil­jo by na­vraag aan Suid-Kaap Forum ge­sê. Hy wou geen ver­de­re in­lig­ting ver­skaf nie, om­dat dit blyk­baar die on­der­soek kan be­lem­mer. Die vrag­mo­tor­be­stuur­der en an­der in­sit­ten­des van die taxi het op die oog af nie be­se­rings op­ge­doen nie, maar is na Ri­vers­dal-hos­pi­taal vir ob­ser­va­sie ge­neem. Ver­keer moes vir ge­rui­me tyd deur ver­keers­per­so­neel her­lei word tot die taxi, wat in die mid­del van die R305 op sy kant ge­lê het, ver­wy­der kon word.

Fo­to: Wil­ma A­damson

Die R305 na­by die Hec­tor­skraal-af­rit was ‘n ge­rui­me tyd ge­sluit voor die to­neel op­ge­ruim is. Die taxi het in die mid­del van die pad ge­lê en die vrag­mo­tor kan regs op die fo­to ge­sien word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.