Ver­meer­der N2 on­ge­luk­ke?

Suid-Kaap FORUM - - Forum -

AL­BER­TI­NIA Twee af­son­der­li­ke on­ge­luk­ke het die af­ge­lo­pe week na­by dié dorp op die N2 plaas­ge­vind.

Een van die on­ge­luk­ke waar die be­stuur­der moont­lik be­heer oor die voer­tuig ver­loor het, het Woens­dag 31 Ok­to­ber ’n paar ki­lo­me­ter van Re­sies­baan af ge­beur. Die bak­kie waar­in hy on­der­weg was, het om­ge­slaan en in die veld aan die teen­oor­ge­stel­de kant van die pad op sy dak tot stil­stand ge­kom. Twee ver­by­gan­gers het die man, wat in die mo­tor vas­ge­keer was, uit­ge­help. Hy is na Ri­vers­dal-hos­pi­taal ge­neem. In die an­der voor­val het twee vol­was­se­nes en agt kin­ders lig­te be­se­rings op­ge­doen. Die bak­kie waar­mee hul­le op pad Kaap toe was, se wiel het moont­lik ge­bars waar­na die be­stuur­der be­heer oor die voer­tuig ver­loor het. Dit het nie ge­rol nie, maar in die veld tot stil­stand ge­kom. Dit het tus­sen Ri­vers­dal en Al­ber­ti­nia op die N2 op Son­dag 4 No­vem­ber, om­streeks 12:50 ge­beur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.