A Page in Time

Sewe gene­narasies van broer en suster in­ge­teel

The Poultry Bulletin - - CONTENTS - De­cem­ber 1962 S.A.P.A. Poul­try Bulletin

'nEksper­i­ment – waarskyn­lik die enig­ste van sy soort in die wêreld – word al vanaf 1965 uit­gevoer deur mnr. P.H.C. Du Plessis, hoof van die Departe­ment Pluimveekunde van die Univer­siteit Pre­to­ria. Mnr. Du Plessis het nou naam­lik al sewe gen­erasies van broer en suster in­ge­teel. Die ge­bruik­like metode by so 'n in­tel­ing is die ewekan­sige metode, mnr. Du Plessis gaan egter an­ders te werk: Daardie paar van broer en suster wat gedurende 'n seisoen die meeste nages­lag opgelewer het, word as ouers ge­bruik van die vol­gende ges­lag.

“Daar is geen af­name van eien­skappe nie ten spyte van die strawwe in­tel­ing”, verk­laar mnr. Du Plessis.

Hi­erdie en an­der eksper­i­mente waarmee mnr. Du Plessis en sy kol­le­gas be­sig is op Pre­to­ria, is aan mnr. Mar­cus Letty en die nu­usredak­teur van die Bulletin getoon ty­dens 'n be­soek van laasge­noemdes aan die na­vors­ingsen­trum op Pre­to­ria.

Mnr. Du Plessis word byges­taan deur Mnr. J. Erasmus, se­nior lek­tor in voed­ing, Mnr. J.P. Jooste, 'n nav or sings beam ptewa thom toelê op die Genetika, Mnr. J.P. Hayes wat ook werk op Vo ed ing,Mnr.CF Saun­ders wat in die mikro­bi­olo­giese rigt­ing gaan en dr. K. Manell wat on­langs van Potchef­stroom oorge­plaas is.”

Mnr. Jooste het verder ver­duide­lik dat by alle in­tel­ings 'n eien­skap wat by ouers ver­borge was, in die nagel­sag te voorskyn kan kom.

Sewe Gen­erasies

In­tel­ing kan dus swak eien­skappe maar ook goeie eien­skappe uit­bring. En dit is om hi­erdie rede dat tel­ers se­lek­sie toepas om

die nages­lag met die goeie eien­skappe te be­hou. “Maar dit help my nie as ek nou al die henne gaan hou met die hoog­ste eier­pro­duk­sie en ek kry geen nages­lag van hulle nie om­dat hulle eiers nie wil uit­broei nie. Dit is verder te be­gryp dat hoe meer eien­skappe ek in aaan­merk­ing moet neem by die uit­soek van die teeldiere, hoe min­der in­di­vidue gaan daar wees wat aan die vereistes vol­doen en hoe moei­liker gaan dit wees om voort te gaan met die tel­ing” al­dus Mnr. Jooste. Hy het verder gesê: “Hi­erdie proef was egter uniek in die op­sig dat net van een eien­skap ge­bruik gemaak is by die se­lek­sie van teeldiere vir die vol­gende ges­lag. Hi­erdie eien­skap, naam­lik die grootte van die nages­lag, be­hels in wese ook an­der eien­skappe maar maak die se­lek­sie van teeldiere baie mak­lik, aan­ge­sien slegs voort­ge­gaan word met die fam­i­lies wat die groot­ste nages­lag gee. As ek dus en 15 tome opges­tel het van vol­broers en vol­susters en toom no. 8 gee die meeste kuikens, dan ge­bruik ek slegs die kuikens van toom no. 8 om die vol­gende jaar se 15 tome saam te stel. Soos reeds gesê, het die proef die stout­ste ver­wagt­ings oortref om­dat 'n eien­skap soos vrug­baarheid van die eiers, wat gewoon­lik saam met die uit­broeibaarheid van die eiers die meeste deur in­tel­ing be­nadeel word, nie agteruit­ge­gaan het nie maar gestyg het. Die vrug­baarheid was aan­vank­lik 66 persent maar het gelei­de­lik gestyg tot­dat dit verlede jaar die beson­der goeie waarde van 87 persent bereik het. Die uit­broeibaarheid van die eiers het net sulke in­ter­es­sante

re­sul­tate gelewer. Van 'n aan­vank­like 73 persent het die uit­broeibaarheid binne twee ges­lagte af­ge­neem tot 45 persent en daar is gevrees dat dit die einde van die proef sou beteken.

Dit was slegs 'n keer­punt, aan­ge­sien die uit­broeibaarheid van 45 persent gelei­de­lik gestyg het tot dit 85 persent in die sesde ges­lag bereik het. Hi­erdie 85 persent verge­lyk nie net baie gun­stig met die beste re­sul­tate van pluimveetroppe waar in­tel­ing vermy word nie, maar is selfs beter as die 73 persent waarmee die proef be­gin het. Hoewel dit verder die al­gemene opinie is dat in­tel­ing eier­pro­duk­sie en lig­gaams­gewig ver­laag, wat dit in hi­erdie proef nie die geval nie. Die gemid­delde eier­pro­duk­sie het min of meer kon­stant gebly op net oor die 200 eiers per jaar, ter­wyl vol­wasse lig­gaams­gewig ongeveer vier pond gehand­haaf het. Lig­gaams­gewig op ses weke oud­er­dom is slegs be­sig om toe te neem.

Vo­or­dat egter met hi­erdie bevin­d­ings op hol gegaan word, is dit be­lan­grik dat daarop gelet moet word dat die hoen­ders waarmee be­gin word van 'n beson­der goeie gehalte moet wees. In­tel­ing is dus nie 'n tow­er­mid­del nie en dis baie on­waarskyn­lik dat die­selfde re­sul­tate be­haal sal word met hoen­ders van 'n swak gehalte.

Hi­erdie metode hou egter groot moont­likhede in, ve­ral met die oog op kruis­ing van in­ge­teelde lyne vir basterkrag, en die verkry­ging van ho­mo­gene genetiese ma­te­ri­aal in proe­fw­erk.

Mini hoen­der

Aan­ge­sien mini­hoen­ders sekere vo­ordele vir eier­pro­duk­sie in­hou, is Mnr. C.l.marais, Hoof Vakkundige Beampte van die Pluimvee afdel­ing by die Potchef­stroomse Land­boukol­lege, reeds geruime tyd be­sig met proewe om 'n spe­siale mini-hoen­der te teel.

Die mini-hoen­der is 'n sekere baster­tipe en wan­neer die gewen­ste re­sul­tate verkry word, sal van die hoen­ders later aan tel­ers beskik­baar ges­tel word. Vol­gens Mnr. Marais is die vo­ordele van die baster : 'n hoër eier­pro­duk­sie; ge slags gek opp eld eve erk le ur wat veroor­saak dat haan­tjies en hen­netjies reeds op dagoud­er­dom op grond van kleur uit­geken kan word (dit skakel die taak van die kon­ven­sionele ges­lags­bepaler uit); die verkry­ging van bruin­dop eiers om­dat die meeste eierver­bruik­ers dit bo die wit­dop eier verkies, aan­ge­sien die nor­male kruis­ing van Leghorn-aus­tralorp nie aan die vereiste vol­doen nie. Met die tel­ing van die mini­baster het Mnr. Marias reeds baie goeie re­sul­tate verkry. So het een hen­netjie in min­der as 'n jaar pe­ri­ode al 'n ei er pro­duk si ereko­rdv an 272. Die enig­ste prob­leem wat met die mini-hoen­ders on­dervind, is dat die eier­g­rootte nie aan die stand aard­verei st es­vol do en nie. Die hoof­saak­like vo­ordele van die mini's is dat hulle 'n goeie voed­selver­bruik het en goeie lê­bat­tery-aan­pass­ing het. Pootver­moei­d­heid word glad nie waar­ge­neem nie.¡

Newspapers in English

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.