35

Trou Idees - - VOORBLAD -

Poei­er­wit en blos­pienk k­leu­re, pa­pier­pa­pa­wers, spring­mie­lies en speel­se woord-e­le­men­te teen ’n swart­bord-ag­ter­grond was al­les op die in­spi­ra­sie­bord vir ons vol­gen­de troue.

Skep die prent­jie

Hier­die mo­der­ne, ro­man­tie­se troue is deur die swart­bord-styl ge­ïn­spi­reer. Ons het swart, wit en poei­er­sag­te pienk as hoof­kleu­re ge­bruik en dit met tik­kies warm bruin en vloot­blou k­leu­re op­ge­breek. Kyk uit vir ver­weer­de hou­ti­tems en kom­bi­neer dit met sag­ter, vrou­li­ke vin­ta­ge-e­le­men­te. Dek die ta­fel in­for­meel en ge­bruik breek­wa­re, gla­se en mes­se­goed wat by die te­ma in­pas. Rond die prent­jie af met ’n men­gel­moes van stoe­le.

Fo­tomuur

’n Muur wat met swart­bord­verf ge­verf is, is ’n goeie plek om die brui­lofs­gas­te af te neem. Ge­bruik bord­kryt om speel­se pren­te op die muur te te­ken. Jy kan ook die gas­te deel maak van die p­ret en hul­le vra om bood­skap­pe op die muur skryf.

Blom­me

Huur vin­ta­ge-krat­te om as blom­pot­te te ge­bruik. Druk stuk­ke bloe­mis­te­o­a­se in hou­ers wat in die krat­te pas en rang­skik die blom­me daar­in. Ons het die ta­fel­rui­kers ver­der ver­sier met pa­pier­pa­pa­wers. Blaai na blad­sy 41 vir aan­wy­sings om jou eie te maak.

Ta­fel­plan

Ver­geet van ge­wo­ne naam­lys­te en sorg dat die ta­fel­plan in­pas by die res van jou troue se de­kor.

Jy be­no­dig

pa­pier­kop­pie-om­hul­sel op blad­sy 50 pa­pier­kop­pies spuit­gom

So maak jy

1 S­kan­deer die pa­pier­kop­pie-om­hul­sel op blad­sy 50 op jou re­ke­naar in. Ge­bruik ’n ont­werp­pro­gram, kies ’n mooi let­ter­ti­pe (sien ons ar­ti­kel op blad­sy 55 vir hulp hier­mee) en tik die ta­fel­nom­mer en die gas se naam op die ont­werp in. As jy wil, kan jy ook die trou­wa­pen (pro­jek op blad­sy 39) in die ont­werp ge­bruik. S­pa­si­eer al­les mooi voor­dat jy die fi­na­le ont­werp op wit pa­pier uit­druk. WENK Vra ’n gra­fie­se ont­wer­per om jou te help as jy met hier­die stap suk­kel. 2 Knip die ont­werp uit en plak dit met spuit­gom op die pa­pier­kop­pie vas. Vul el­ke kop­pie met ka­neel-spring­mie­lies (re­sep volg) en pak dit uit op ’n ta­fel bui­te die ont­haal­plek so­dat el­ke gas sy­ne of ha­re kan uit­soek.

Maak dit swart op wit en sweer trou aan me­kaar op ’n baie spe­si­a­le dag vol mooi en pret­ti­ge e­le­men­te.

Ka­neel-spring­mie­lies

Ge­noeg vir: 6 Gaar­maak­tyd: 10 mi­nu­te

20 ml son­ne­blom­o­lie 250 ml spring­mie­lie­pit­te 50 ml ver­sier­sui­ker 5 ml sout­vlok­kies 5 ml fyn ka­neel

1 Ver­hit die o­lie in ’n groot ka­strol. Voeg die spring­mie­lie­pit­te by wan­neer die o­lie warm is, sit die dek­sel op en wag tot­dat die spring­mie­lies op­hou skiet voor­dat jy die ka­strol van die plaat af­haal. 2 Sprin­kel die ver­sier­sui­ker, sout­vlok­kies en ka­neel bo-oor en roer dit goed deur om die spring­mie­lies te be­dek.

Ta­fel­nom­mer-bal­lon­ne

Sny ta­fel­nom­mers in ’n let­ter­ti­pe van jou keu­se uit self­kle­wen­de wit vi­niel en plak dit op swart he­li­um­ge­vul­de bal­lon­ne vas. Bind mooi lint aan die bal­lon­ne vas en sit een by el­ke ta­fel.

deur HAN­NES KOE­GE­LEN­BERG fo­to’s ED O’RI­LEY koek TA­NI KIR­STEN pa­pier­blom­me CA­RIN S­MITH

Uit­no­di­gings

S­kan­deer die pa­troon op blad­sy 46 op jou re­ke­naar in. Ge­bruik ’n ont­werp­pro­gram, kies ’n mooi let­ter­ti­pe en tik die be­son­der­he­de op die ont­werp in. Druk dit op wit kar­ton uit en sit dit in ’n by­pas­sen­de koe­vert – jy kan die ba­sie­se pa­troon op blad­sy 47 ge­bruik as jy wil.

Trou­wa­pen

Ge­bruik hier­die wa­pen as ’n deur­lo­pen­de mo­tief vir jou troue. S­kan­deer die pa­troon op blad­sy 54 op jou re­ke­naar in. Ge­bruik ’n ont­werp­pro­gram, kies ’n mooi let­ter­ti­pe en tik jul­le voor­let­ters en trou­da­tum op die ont­werp in.

Hou-die-dag-oop­kaart­jies

Jy be­no­dig raam­pa­troon op blad­sy 49 koe­vert­pa­troon op blad­sy 47 trou­wa­pen (pro­jek hier­bo) room­wit kar­ton vir die ag­ter­grond wit pa­pier vir die koe­vert­jies gom­stif­fie hand­werk­mes en sny­mat staal­li­ni­aal

So maak jy

1 S­kan­deer die raam­pa­troon vir die ag­ter­grond op blad­sy 49 op jou re­ke­naar in. Ge­bruik ’n ont­werp­pro­gram en plaas jul­le trou­wa­pen aan die on­der­kant van die ont­werp. Druk die ont­werp op room­wit kar­ton uit en sny dit uit. 2 Ko­pi­eer nou die koe­vert­pa­troon op blad­sy 47 op wit pa­pier. Sny dit uit, vou dit en pak die t­wee sy­f­lap­pies op die voor­kant­deel vas. Plak die koe­vert bin­ne die raam op die kar­ton vas.

Aard­bol-gas­te­boek

Ge­bruik ’n paar aard­bol­le om hier­die on­ge­wo­ne gas­te­boek te skep. Verf die aard­bol­le met swart­bord­verf en laat dit droog word. Sit dit saam met ’n paar wit pen­ne of wit bord­kryt op ’n ta­fel in die ont­haal­plek neer en laat die gas­te hul­le bood­skap­pe daar­op neer­skryf. (As jy bord­kryt ge­bruik, sal jy die aard­bol­le ag­ter­na met ’n se­ël­mid­del moet spuit so­dat dit nie af­vee nie.) Jy kan die aard­bol­le ná die tyd as de­kor-e­le­ment in jou huis ge­bruik om jou te her­in­ner aan jou groot dag.

Aan­wy­sings­bord

Ge­bruik hier­die pret­ti­ge bord­jie om die pad na die ont­haal ná die se­re­mo­nie aan te dui. Saag ’n reg­hoek uit Su­pa­wood en skuur die ran­de glad met skuur­pa­pier. Sit die bord op koe­rant­pa­pier neer en verf dit met swart­bord­verf. So­dra die verf heel­te­mal droog is, kan jy met ’n wit pen of bord­kryt ’n pyl­tjie te­ken en die woord ‘par­ty’ daar­op skryf. Jy kan ook wit plak­kaat­verf ge­bruik.

Plek­mat­jies

Ko­pi­eer die plek­mat­jie-pa­troon op blad­sy 53 op A3-pa­pier. Skryf die gas se naam op die wit ba­nier­tjie. Vir ’n net­jie­ser voor­koms kan jy die pa­troon in­skan­deer en die na­me met ’n ont­werp­pro­gram op die ba­nier­tjie in­tik voor­dat jy dit uit­druk.

Ba­nier-bors­spel­de

Voer die swart­bord­te­ma ver­der met dié ou­li­ke ba­nier-bors­spel­de vir die ou­er­pa­re, die brui­de­gom self en sy strooi­jon­ker. Ko­pi­eer die ba­nier­pa­tro­ne op blad­sy 48 op wit kar­ton en sny dit met ’n hand­werk­mes­sie uit. Speld dit met ’n mooi speld vas, of plak ’n bors­speld­knip­pie op die ag­ter­kant vas en speld dit daar­mee vas.

Hart­jie-bors­spel­de

Maak vir die strooi­mei­sies en an­der spe­si­a­le gas­te dié bors­spel­de. Ge­bruik ’n fi­guur­saag om hart­jie­vorms uit Su­pa­wood te saag en skuur dan die ran­de glad. Sit die hart­jies op koe­rant­pa­pier neer en verf dit met swart­bord­verf. Laat dit droog word en plak ’n bors­speld­knip­pie op die ag­ter­kant vas. Ver­sier dit ver­der met ’n stuk­kie lint en skryf die na­me met bord­kryt op die voor­kant.

Pa­pier­pa­pa­wers

Maak jou eie pa­pier­blom-rui­ker. Rond dit af met lin­te en ’n paar vin­ta­ge­bors­spel­de wat mooi blink.

Jy be­no­dig

blom­blaar­pa­troon on­der­aan blad­sy wit krin­kel­pa­pier vir die blom­bla­re swart krin­kel­pa­pier vir die blom­kern kuns-meel­dra­de (te kry by bloe­mis­te­win­kels) dik bloe­mis­te­draad (te koop in 50 cm-leng­tes) groen bloe­mis­te­kleef­lint swart spuit­verf swart en pienk ink plat kuns­kwas­sie gom­ge­weer

So maak jy

1 Knip vir el­ke blom vyf 5 cm-sir­kels uit die swart krin­kel­pa­pier. Ska­kel jou gom­ge­weer aan, rol d­rie van die swart sir­kels saam in ’n k­lein bol­le­tjie en sit ’n drup­pel gom op die bol­le­tjie. Plak die bol­le­tjie in die mid­del van die o­ri­ge t­wee swart sir­kels vas. 2 Buig die punt van ’n leng­te bloe­mis­te­draad met so­wat 2 cm om. Sit ’n drup­pel gom op die om­ge­buig­de punt en druk dit in die bol­le­tjie vas.

3 Wend ’n dun stre­pie gom al om die bol­le­tjie op die sir­kel­ge­deel­te aan en vou dan die t­wee sir­kels om die bol­le­tjie en oor die draad. Jy het nou ’n blom­kern aan ’n steel­tjie. 4 Spuit­verf die meel­dra­de swart en laat dit droog word. Rang­skik dit om die blom­kern en plak dit met jou gom­ge­weer vas. Ons het ons s’n mid­del­deur ge­knip en 22 vir el­ke blom ge­bruik. 5 Ge­bruik die pa­troon on­der­aan die blad­sy en knip vir el­ke blom se­we blom­bla­re uit die wit krin­kel­pa­pier. Ons blom­bla­re is om­trent 10 cm lank. Ver­dun die pienk ink en doop ’n paar van die blom­bla­re daar­in vir ’n tik­kie kleur. Laat dit droog word. WENK Ge­bruik die dik­ste krin­kel­pa­pier wat jy kan kry. 6 Rang­skik die blom­bla­re om die blom­kern, from­mel die on­der­ste pun­te ef­fens in om die blom­kern en plak dit met die gom­ge­weer vas. Laat dit droog word. 7 Draai nou groen bloe­mis­te­kleef­lint al om die on­der­kant van die blom om die kelk te vorm. Hou aan om dit om die bloe­mis­te­draad te draai om die groen steel­tjie te vorm. 8 Maak met jou kwas ’n paar vegies swart ink in die bin­ne­kant van die blom om dit af te rond. WENK Jy het min­stens 24 blom­me no­dig vir die rui­ker. Jy kan ook klei­ner blom­me maak en by­voeg vir ’n vol­ler rui­ker.

Trou­koek

Be­dek ’n drielaag­koek met swart fon­dant­ver­sier­sel wat by bak­win­kels te koop is. Laat jul­le trou­wa­pen (en e­le­men­te van ons an­der pa­tro­ne, in­dien ver­kies) op eet­ba­re pa­pier druk. Knip dit ver­sig­tig uit. Verf met ’n k­lein kwas­sie ’n bie­tjie wa­ter oor die ver­sier­sel waar jy die trou­wa­pen wil plak. Moe­nie dit té nat maak nie, an­ders sal die pa­pier dis­in­te­greer. Plak die trou­wa­pen ver­sig­tig op die ver­sier­sel vas en vryf dit lig­gies van die mid­del af uit­waarts glad. Vryf ’n bie­tjie mie­lie­blom oor die koek om die swart­bord-voor­koms te her­haal. Draai ’n by­pas­sen­de lint on­der­om el­ke koek­laag. Plak die koek­ba­nier op blad­sy 47 met ’n gom­ge­weer op t­wee so­sa­tie­stok­kies vas en druk dit in die koek.

Pienk li­mo­na­de

Maak: 2 li­ter Be­rei­dings­tyd: 10 mi­nu­te

500 ml vars suur­le­moen­sap 250 ml bos­bes­sie­sap 200-250 ml sui­ker (na smaak) 1 vars suur­le­moen, in sky­fies ge­sny, plus ek­stra om voor te sit ys, om voor te sit

Meng al die be­stand­de­le met 1,5 li­ter wa­ter en sit dit in die ys­kas. As jy wil, kan jy dit deur ’n sif­fie gooi voor­dat jy dit voor­sit. Gooi die li­mo­na­de in gla­se met baie ys en sky­fies vars suur­le­moen.

Sok­kies vir die brui­de­gom

Gee hier­die ge­skenk vir jou brui­de­gom die dag voor jul­le troue. Druk die pa­troon op blad­sy 51 op kar­ton uit en knip dit uit. Draai die strook om ’n paar sok­kies en ver­pak dit in ’n hout­bok­sie.

Ge­skenk vir die strooi­jon­ker

Dit is die per­fek­te ge­skenk vir ’n strooi­jon­ker: whis­key, ’n s­trik­das en ’n si­gaar. Pak al­les in ’n hout­bok­sie waar­van die bin­ne­kant met ’n uit­druk van jul­le trou­wa­pen ge­voer is. Vul die oop spa­sies met spring­mie­lies.

Vuur­hout­jie­bok­sies

Ko­pi­eer die pa­tro­ne op blad­sy 51. Trek die vuur­hout­jie­bok­sies oor met wit pa­pier, knip die pa­tro­ne uit en plak dit op die oor­ge­trek­te bok­sies vas. Sit ’n paar op el­ke ta­fel.

Bot­tel-e­ti­ket­te

Ge­bruik ons e­ti­ket­te op blad­sy 52 om die wyn-, sjam­pan­je- en li­mo­na­de­bot­tels te ver­sier.

Swart­bord­deu­re en -te­kens, k­lein swart­bor­de, ou tas, vin­ta­ge-ka­me­ra en -tik­ma­sjien, krat­te, boe­ke, fles met kraan­tjie en sjam­pan­je­gla­se te huur by My Pret­ty Vin­ta­ge (021 551 2242, e­vents@my­pret­ty­vin­ta­ge.com).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.