81

Trou Idees - - VOORBLAD -

Om hier­die mo­der­ne, kleur­vol­le te­ma by­me­kaar te sit het ons ’n in­spi­ra­sie­bord ge­skep met gra­fie­se e­le­men­te, stro­kies­pren­te, pol­ka­kol­le, har­te en (na­tuur­lik) baar­de.

Skep die prent­jie

Kom­bi­neer gra­fie­se swart-en-wit pa­tro­ne, spat­sels hel­der kleur en iet­sie blinks hier en daar. Kies mo­der­ne ta­fels en stoe­le en ver­sier die ont­haal­plek met strin­ge lig­gies, vlag­gies en he­li­um­bal­lon­ne. ’n Mo­der­ne fiets is deel van die de­kor en word o­ral as ’n mo­tief in­ge­span om die te­ma by­me­kaar te trek. Speel ver­der met pa­pier­har­te, sir­kus­styl letters, ’n lig­boks met bood­skap­pe en pret­ti­ge e­le­men­te wat die paar­tjie se be­lang­stel­lings of kin­der­dae weer­spie­ël, soos Le­go-speel­goed, ’n gholf­tro­fee en fles­se vol lek­ker­goed.

Hou-die-dagoop-kaart­jies

S­kan­deer die pa­troon op blad­sy 93 in. Ge­bruik ’n ont­werp­pro­gram, kies ’n let­ter­ti­pe en tik jul­le na­me en ’n k­lein ka­len­der van die maand van jul­le troue op die ont­werp in. S­pa­si­eer al­les mooi, druk dit op wit kar­ton uit en ‘om­kring’ jul­le trou­da­tum deur in rooi ’n hart­vorm daar­om te te­ken.

Uit­no­di­gings

S­kan­deer die pa­troon op blad­sy 93 op jou re­ke­naar in. Ge­bruik ’n ont­werp­pro­gram, kies ’n mo­der­ne let­ter­ti­pe (sien ons ar­ti­kel op blad­sy 55) en tik die be­son­der­he­de in. Druk dit uit en sit dit saam met die dans­pas­sie- en lied­jie­ver­soek­kaart­jies (pa­tro­ne op blad­sy 94) en hel­der­kleu­ri­ge kon­fet­ti in koe­ver­te (sien hier­on­der).

Koe­ver­te

Ge­bruik ons koe­vert­pa­troon op blad­sy 92 om die koe­ver­te te maak. Sit jul­le trou­wa­pen (sien hier regs) op, druk dit op af­trek­pa­pier uit en sny dit uit. Vou dit en plak die kan­te toe.

Trou­wa­pen

S­kan­deer die trou­wa­pen-pa­troon op blad­sy 94 op jou re­ke­naar in. Ge­bruik ’n ont­werp­pro­gram, kies ’n let­ter­ti­pe en vul jul­le na­me in. Jy kan die trou­wa­pen nou op al jul­le pa­pier-ont­wer­pe ge­bruik. Ons het vir die p­ret ook vir el­ke gas ’n ‘waai­er’ daar­van ge­maak: Druk die trou­wa­pen op ste­wi­ge wit kar­ton uit en sny dit uit voor­dat jy dit aan ’n room­ys­stok­kie plak.

Ta­fel­plan

Dié ta­fel­plan sal be­slis die ys breek. Te­ken ’n stro­kies­prent van die gas­te by el­ke ta­fel met ’n pot­lood of swart vilt­pen en verf of kleur die ha­re en kle­re in. S­kan­deer die pren­te op jou re­ke­naar in, kies ’n let­ter­ti­pe en tik die na­me en ta­fel­nom­mers in. Laat dit op skil­der­doek uit­druk, knip die on­der­kant in ’n swa­el­stert­vorm en plak die bo­rand aan ’n tap­pen­stok­kie vas so­dat jy dit aan ’n toutjie teen die muur kan hang.

Ta­fel­nom­mers

Kies weer ’n mo­der­ne let­ter­ti­pe en druk die ta­fel­nom­mers lek­ker groot uit op wit pa­pier. Knip die on­der­kant in ’n V-vorm en plak dit op mooi ag­ter­grond­pa­pier vas. Plak die bo­rand aan ’n tap­pen­stok­kie vas so­dat jy dit aan ’n toutjie bo die ta­fel kan hang. Maak ook vlag­gies met ou­li­ke bood­skap­pe in ’n kom­ple­men­te­ren­de let­ter­ti­pe wat jy saam met die nom­mers kan op­hang.

Plek­kaart­jie-ser­vet­rin­ge

Ge­bruik lek­ker­goed­arm­ban­de vir ser­vet­rin­ge. Sit ’n o­ri­ga­mi-hart (sien die vou­di­a­gram op blad­sy 101) en ’n e­ti­ket met die gas se naam by elk­een.

D­rie­hoek­bok­se

Jy kan snye trou­koek of an­der ge­sken­ke vir die gas­te in dié bok­sies sit. Ko­pi­eer ons pa­tro­ne op blad­sy 96 en 97 in die ver­lang­de groot­te op kar­ton. Sny dit uit, vou dit en plak die flap­pies met al­kant­plak­band vas. Voer die bok­sies met was­pa­pier as jy koek daar­in wil sit. Jy kan ook die pren­te op blad­sy 94 ge­bruik om die bok­sies te ver­sier.

D­rink­goed­trol­lie

Maak ’n boks met ys­lol­lies, koel­dran­ke en strooi­tjies op jou fiets­ba­ga­sie­rak­kie vas om as ’n d­rink­goed­trol­lie te dien.

Steel ’n soen­tjie

Maak jou eie koek­fi­guur­tjies. Ge­bruik ’n hout-was­goed­pen­ne­tjie en verf ’n swart trou­pak op die een deel en ’n wit trou­rok op die an­der deel. Vol­tooi die de­tail met ’n dun swart merk­pen. Plak ’n stuk­kie net op die bruid se kop vas om vir haar ’n slui­er te maak. Sit ook ’n bie­tjie blos­ser op haar wan­ge.

Lek­ker­goed­sta­sie

Hang ’n paar rak­kies teen ’n muur op en pak fles­se met lek­ker­goed daar­op. Sorg ook vir ’n pak pa­pier­sak­kies so­dat die gas­te dit met die lek­ker­goed kan vul.

Koek

Maak ’n drielaag­koek wat by jou te­ma pas.

Pof­rys-laag S­melt 200 g bot­ter en 500 g mal­va­lek­kers saam in ’n groot ka­strol. Voeg 360 g pof­rys­vlok­kies by en meng dit deur die mal­va­lek­kerm­eng­sel. Giet dit in t­wee ron­de koek­pan­ne van 15 cm wat met bak­pa­pier uit­ge­voer en met bot­ter ge­smeer is. Smeer jou han­de met bot­ter en druk die pof­rys­meng­sel in die pan­ne vas. Laat dit vir ’n paar uur staan om te stol. Keer dit uit die pan­ne en plak die t­wee lae op­me­kaar vas. Har­tjie­lek­ker­goed-laag Be­dek ’n 20 cm-koek met wit fon­dant­ver­sier­sel. Ge­bruik har­de ver­sier­sel om die hart­jie­lek­kers in rye om die koek te plak – be­gin aan die on­der­kant van die koek en laat k­lein spa­sies tus­sen die lek­kers oop. Laat dit hard word. Koek­strooi­sel-laag Smeer ’n dik laag bot­ter­ver­sier­sel (ons het wit mar­ga­rien ge­bruik om die kleur wit te hou) om die kan­te van ’n 25 cm-koek. Smeer dit mooi glad en skraap die oor­tol­li­ge ver­sier­sel van die bo­kant van die koek af. Gooi die koek­strooi­sels op ’n groot skink­bord of bak­plaat uit. Hou die koek bo en on­der tus­sen jou han­de vas en druk die ver­sier­de kan­te in die strooi­sel. Wan­neer die kan­te o­ral­oor met strooi­sel be­dek is, kan jy ver­sier­sel aan die bo­kant smeer en dit ook met le­pels vol van die strooi­sel be­dek. Vryf lig­gies met jou han­de daar­oor om dit e­ga­lig te maak.

Vin­ger­af­druk-gas­te­boek

Ko­pi­eer die gas­te­boek-pa­troon op blad­sy 95 op ’n groot vel ste­wi­ge kar­ton en maak dit ie­wers staan op die dag van die troue. Laat al die gas­te met ge­kleur­de ink hul­le vin­ger­af­druk daar­op maak en on­der­te­ken so­dat dit soos bal­lon­ne lyk.

Le­go­man­ne­tjie­bou­ton­ni­è­res

Maak vir jou brui­de­gom en sy strooi­jon­kers Le­go­man­ne­tjie-‘la­pel­rui­kers’. Plak ’n bors­speld­knip­pie aan die ag­ter­kant vas met e­pok­si- of an­der gom wat nie die plas­tiek sal vreet nie.

Trou­blik­kies

Maak hier­die ‘Pas­ge­troud’-blik­kies ag­ter die trou­mo­tor vas. Ko­pi­eer die pa­tro­ne op blad­sy 98-100 in die reg­te groot­te op wit pa­pier, knip dit uit en plak dit met hand­werk­gom op leë blik­kies vas. Bind dit met grow­we tou aan die trou­kar vas.

Bruids­rui­ker

Maak ’n handrui­ker van o­ri­ga­mi-har­te. Ge­bruik die di­a­gram op blad­sy 101 en vou die har­te uit ver­skil­len­de k­leu­re pa­pier – ons het ook die groot­tes af­ge­wis­sel. Plak die har­te met ’n gom­ge­weer op tap­pen­stok­kies vas en vorm dit in ’n rui­ker. Maak nog om in bot­tels op die ta­fels te sit.

Fo­tomuur

Plak ’n prent van ’n reu­se-blok­raai­sel teen die muur om as ’n fo­tomuur te dien. Sit ’n hou­er met letters daar­by so­dat die gas­te vir jul­le bood­skap­pe in die blo­kraai kan skryf. Sorg ook vir fo­to­re­kwi­sie­te soos ’n oor­groot trou­ring en ge­he­kel­de baar­de (sien die aan­wy­sings vir al­bei op die vol­gen­de blad­sy) so­dat jul­le ho­pe p­ret kan hê wan­neer dit tyd is vir fo­to’s.

Oor­groot ring

Ge­bruik ons pa­troon op blad­sy 100 om dié fo­to­re­kwi­siet te maak. Ons het die he­le ring uit ’n groot vel ve­sel­kar­ton van 2300 mic ge­sny. Die di­a­mant het ons met spuit­gom ge­spuit voor­dat ons sil­wer glin­ster­strooi­sel daar­oor ge­strooi het. Se­ël dit met ’n kleur­lo­se lak­ver­nis so­dat die glin­ster­strooi­sel nie af­kom nie. Verf die ring­ge­deel­te een­vou­dig met goue hand­werk­verf, of ge­bruik goue spuit­verf of selfs blad­goud as jy wil hê dit moet meer blink.

Ge­he­kel­de baar­de Jy be­no­dig

brei­draad in bruin en grys he­kel­pen (groot­te vol­gens die dik­te van die brei­draad wat jy ge­bruik) ta­pis­se­rie­naald

LET WEL Ge­bruik die ba­sie­se pa­troon vir al­bei ge­he­kel­de baar­de.

Af­kor­tings

dsl dub­bel­slag­steek gls glip­steek her her­haal hlb hal­we lang­been kb kort­been ks ket­ting­steek lb lang­been sp spa­sie st(e) steek (ste­ke) tes te­sa­me vlg vol­gen­de

So he­kel jy Ba­sie­se pa­troon

Die baard word van bo af on­der­toe ge­he­kel met t­wee dra­de brei­draad saam. He­kel 35 ks. Ry 1: Hlb in 2e ks van pen en in el­ke st oor ry, draai (= 34 hlb). Ry 2: 2 ks, hlb in vlg 12 ste, gls in vlg 10 ste, hlb in laas­te 12 ste, draai (= 24 hlb). Ry 3: 1 ks, hlb in vlg 12 ste, 10 ks, hlb in laas­te 12 ste, draai (= 24 hlb). Ry 4: 1 ks, hlb in vlg 12 ste, 10 hlb in 10 ks-sp, hlb in laas­te 12 ste, draai (= 34 hlb). Ry 5: 1 ks, hlb in el­ke st oor ry (= 34 hlb).

Bruin baard

Ry 6: 1 ks, *hlb 2 tes, hlb in vlg 2 ste, her van * oor ry, draai (= 25 hlb). Ry 7: 1 ks, *hlb 2 tes, hlb in vlg 3 ste, her van * oor ry, draai (= 20 hlb). Ry 8: 1 ks, hlb in el­ke st oor ry, draai (= 20 hlb). Gls in el­ke st tot ein­de van ry, heg af.

Grys baard

Ry 6-8: 1 ks, hlb in el­ke st oor ry (= 34 hlb). Ry 9: 1 ks, *hlb 2 tes, hlb in vlg 2 ste, her van * oor ry, draai (= 25 hlb). Ry 10: 1 ks, *hlb 2 tes, hlb in vlg 3 ste, her van * oor ry, draai (= 20 hlb). Ry 11: 1 ks, hlb in el­ke st oor ry, draai (= 20 hlb). Gls in el­ke st tot ein­de van ry, heg af.

Af­wer­king

Knip vir die grys baard ’n paar leng­tes grys brei­draad wat lank ge­noeg is om ’n frai­ing deur el­ke gls-sp te trek. Trek die frai­ings deur en knip die pun­te net­jies ge­lyk. He­kel lus­se in grys en bruin en werk dit aan die kan­te van die baar­de vas om oor jou ore te haak.

Ge­he­kel­de snor Jy be­no­dig

brei­draad in grys he­kel­pen (groot­te vol­gens die dik­te van die brei­draad wat jy ge­bruik) ta­pis­se­rie­naald

So he­kel jy

He­kel 20 ks. Ry 1: 1 kb in 2e ks van pen, he­kel in ks oor ry 2 hlb, 2 lb, 1 dsl, 1 lb, 1 hlb, 1 gls, 1 hlb, 1 lb, 1 dsl, 2 lb, 2 hlb, 2 kb, draai. Ry 2: He­kel in ste van vo­ri­ge ry oor ry 1 kb, 2 hlb, 4 lb, 1 hlb, 1 gls om die snor, 1 hlb, 4 lb, 2 hlb, 1 kb. Heg af.

Af­wer­king

Werk die snor op die grys baard vas.

Baard met brei­draad Jy be­no­dig

brei­draad in kleur van jou keu­se (ons het grys ge­bruik) vilt in ’n by­pas­sen­de kleur ma­sjien­ga­re he­kel­pen (groot­te vol­gens die dik­te van die brei­draad wat jy ge­bruik) ta­pis­se­rie­naald

So maak jy

1 Te­ken ’n baard en snor op die vilt en knip dit uit. 2 Knip ’n stuk­kie kar­ton of plas­tiek in ’n lang, reg­hoe­ki­ge vorm (om­trent die b­reed­te van t­wee li­ni­a­le). 3 Vir die baard, draai die brei­draad om die kar­ton om ’n lang wors­vorm te ver­kry (by­na soos om ’n pom­pom te maak – maar in die leng­te). Stoot die brei­draad ver­sig­tig van die kar­ton af en speld dit op die vilt­baard vas. (Ma­gic Ta­pe werk baie goed om die brei­draad in po­si­sie te hou en maak dit ook baie mak­li­ker om vas te werk.) 4 Werk die ‘wors’ op die vilt­baard vas – be­gin aan die on­der­kant en werk boon­toe. Werk aan die bo­rand van die wors, aan­ge­sien jy die on­der­pun­te van die lus­se gaan oop­knip. Knip die lus­se oop wan­neer al die rye vol­tooi is. 5 Maak nou nog ’n wors vir die snor­ge­deel­te, maar werk hier­die keer die brei­draad in die mid­del van die wors­vorm vas en knip die lus­se aan al­bei kan­te oop. Knip die snor net­jies en werk dit op die baard vas. 6 He­kel t­wee lus­se wat om jou ore ge­haak kan word en werk dit aan die kan­te van die baard vas. Knip die brei­draad op die baard in ’n ne­tjie­se vorm om dit af te werk.

Meu­bels van Pedersen + Len­nard. By­kom­stig­he­de van My Pret­ty Vin­ta­ge, Typo en Pre­sent Spa­ce.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.