14

Trou Idees - - VOORBLAD - Deur DA­LA WATTS en TERENA LE ROUX

Pin­te­rest is se­ker een van die ver­sla­wend­ste plat­forms in so­si­a­le me­dia en die groot­ste dry­wer hier­van is trou­es. Bit­ter­min vroue be­plan dees­dae hul­le troue son­der om op dié web­werf in­spi­ra­sie te gaan soek. En met reg ook: Pin­te­rest is ko­ning en is die beste hulp wat e­ni­ge bruid kan vra. Daar is die mooi­ste fo­to’s van rok­ke en ha­re, en ook ’n oor­vloed an­der i­dees vir die bruid wat haar troue let­ter­lik in haar eie han­de wil neem. Dit is eg­ter ook die pro­bleem: Met so­veel i­dees is die gro­ter ge­vaar dat trou­es ’n men­gel­moes van ver­skil­len­de s­ty­le raak om­dat brui­de al­les wil ge­bruik wat hul­le oë sien. Fo­kus is die groot ge­heim! Om­dat ons be­sluit het om hier­die boek soos ’n bruid aan te pak, het ons ook by Pin­te­rest be­gin. Dit is be­lang­rik om ’n in­spi­ra­sie­bord te maak waar­uit die res van jou troue vloei. As jy reeds op ’n styl be­sluit het, is dit so­veel mak­li­ker. In­dien nie, vra jou af wat­ter k­leu­re jou ge­luk­kig maak, wat­ter styl jou al­tyd aan­trek en of jy oor ’n paar jaar nog gaan dink ’n styl is mooi. Hou jy meer van blom­me, of is jy ’n ‘groen’ na­tuur- en blaar­mens? Laat rou hout jou hart warm klop of is dit blieng wat jou oë laat skit­ter? ’n Mens kry won­der­li­ke s­ty­le, maar dis nie nood­wen­dig jóú styl nie, fan­tas­tie­se rok­ke, maar dis dalk nie reg vir jou per­soon­lik­heid of lyf nie. Op dié groot dag wil jy im­mers ge­mak­lik voel en lyk. As jy ja­re la­ter terugkyk, wil jy nie dink iets was ’n snaak­se ‘fa­se’ nie

Met so­veel i­dees op die in­ter­net is dit be­lang­rik om vir jou één in­spi­ra­sie­bord te maak en dan daar­by te hou.

– jy wil al­tyd dink jou troue was won­der­lik en ’n weer­spie­ë­ling van wie jul­le as ’n paar­tjie is. Jy kan op ver­skeie ma­nie­re te werk gaan: As jy weet jy wil ’n vin­ta­ge-troue hê, dan gaan soek jy vin­ta­ge-trou­es op Pin­te­rest en jy sal al die trou­es kry wat on­der dié te­ma val. Maar as jy nie se­ker is van ’n te­ma nie, kan jy ‘DIY wed­dings’ in­tik en van daar ons vyf­punt­plan volg om jou ge­dag­tes te fo­kus.

1 Gaan laai heel eer­ste fo­to’s af van Pin­te­rest en trou­web­wer­we. Maak op jou re­ke­naar ’n lê­er oop met die naam ‘troue’. Bê­re al die fo­to’s wat jy af­laai in hier­die lê­er. 2 Pin­te­rest is soos ’n ui met ver­skil­len­de lae. Die fo­to wat jy sien, kan jou lei na die web­werf waar­van­daan dit kom, en op dié web­werf kan jy dan weer an­der trou­es sien en daar­op in­gaan, en so kan jy let­ter­lik ál die­per delf vir nog i­dees! 3 Wan­neer jy voel jy het ge­noeg fo­to’s, kom die gro­ter werk. Kyk na jou fo­to’s en be­sluit wat­ter hoort by wat­ter te­ma. Ons het vir hier­die boek be­sluit op ’n swart­bord-te­ma, ’n Mex­i­kaan­se te­ma, ’n ‘hip­ster’-te­ma en ’n ro­man­tie­se Mid­so­mers­nag­droom-te­ma. Daar is ho­pe ver­skil­len­de i­dees – maak in jou troue-lê­er on­der­af­de­lings vir e­ni­ge moont­li­ke te­mas waar­van jy hou. 4 Bê­re die fo­to’s wat by el­ke te­ma pas, in daar­die te­ma se lê­er. 5 Jy kan ook nog on­der­af­de­lings maak vir die vol­gen­de en fo­to’s daar bê­re:

• Trou­rok

• Ha­re

• Blom­me

• Strooi- en blom­me­mei­sies

• Uit­no­di­gings, hou-die-dag-oop­kaart­jies, dan­kie­sê­kaart­jies, ens.

• Koe­ke

As jy dit so ver­kies, kan jy die fo­to’s op Pin­te­rest-bor­de by­me­kaar hou, maar uit­ein­de­lik wil jy een bord maak wat jy kan uit­druk en by­der­hand hou. Nou is die mees­te werk ge­doen en kan jy een te­ma kies en ’n in­spi­ra­sie­bord maak. Jy kan een maak op P­ho­toshop, Word of ’n ont­werp­pro­gram soos Inde­sign. An­ders kan jy dood­ge­woon jou fo­to’s in kleur uit­druk, uit­knip en op ’n swart kar­ton­bord plak. Volg ons voor­beel­de by el­ke troue in hier­die boek om een te maak. Nou is die sleu­tel tot suk­ses om te hou by die i­dees wat jy op hier­die bord het. Jy kan jou he­le troue so be­plan – van die kleur van die troue tot jou blom­me en rok. Neem hier­die in­spi­ra­sie­bord saam wan­neer jy gaan lap soek vir rok­ke, na blom­me kyk of die spy­se­nier be­soek, so­dat al­mal wat gaan help werk aan jou troue, pre­sies weet wat jy wil hê. Sê nee dan­kie vir e­ni­ge an­der voor­stel­le en ver­wys al­mal te­rug na jou bord. Jy hoef nie al­mal ge­luk­kig te hou nie – net jou­self. So spring weg en be­plan jou droom­troue.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.