61

Trou Idees - - VOORBLAD - Deur CA­RIN S­MITH fo­to’s ED O’RI­LEY ek­stra pro­jek­te HAN­NES KOE­GE­LEN­BERG, LIZEL CLOE­TE, AN­NA­LI­ZE S­TREI­CHER en AN­NE­KE DU TOIT van ANNAPATAT

Vir ’n vars, kleur­vol­le troue prop­vol Mex­i­kaan­se in­vloe­de het ons hier­die in­spi­ra­sie­bord van Pin­te­rest by­me­kaar­ge­sit.

Hou ’n brui­lof vol kleur en kre­a­ti­wi­teit met dié F­ri­da Kahlo­ge­ïn­spi­reer­de te­ma.

Skep die prent­jie

Ver­beel jou jy hou hier­die troue in ’n ver­weer­de ou plaas­skuur. Skuif ’n paar shab­by­sjiek ta­fels en sit­ban­kies teen me­kaar om een lang ta­fel te vorm, as­of die he­le dorp se men­se hul meu­bels ge­leen het om die groot dag te vier. Dek die ta­fels bont met blom­me in ’n men­gel­moes van bot­tel­tjies, pa­pier­kak­tus­se in blik­kies en ho­pe ge­kleur­de gla­se vir die sang­ria en ske­mer­kel­kies. Om ver­der by die Mex­i­kaan­se te­ma in te pas het ons die pla­fon en mu­re met hel­der­kleu­ri­ge lin­te, pa­pier­waai­ers en -doi­lies ver­sier.

Dans­tra­di­sie

Mex­i­ka­ners het dié trou­t­ra­di­sie: Man­li­ke gas­te be­taal die bruid so­dat sy met hul­le sal dans. Hul­le steek die geld aan haar rok vas of sit dit in ’n spe­si­a­le beur­sie of die sak van ’n voor­skoot wat die bruids­mei­sie dra. Met die geld wat so in­ge­sa­mel word, gaan die pas­ge­trou­des op ’n wit­te­brood of dit help om vir die troue te be­taal.

Ta­fel­nom­mers

Ko­pi­eer die ta­fel­nom­mer­pa­tro­ne op blad­sy 75-76 in die ver­lang­de groot­te op wit kar­ton. Ge­bruik jou hand­werk­mes­sie en sny­mat en sny al die wit de­le uit die pa­troon. Hang die ta­fel­nom­mers met sa­tyn­lint bo die ta­fels. Jy kan ook die nom­mers laat uit­sny by ’n plek wat la­ser­sny­werk doen.

Spys­kaar­te

S­kan­deer die pa­troon op blad­sy 78 op jou re­ke­naar in. Ge­bruik ’n ont­werp­pro­gram, kies ’n mooi let­ter­ti­pe (lees ons ar­ti­kel op blad­sy 55 vir hulp hier­mee) en tik die gan­ge op die ont­werp in. S­pa­si­eer al­les mooi en druk dit in die ver­lang­de groot­te op wit kar­ton uit. Sny die spys­kaart uit. Knip hel­der­kleu­ri­ge snees­pa­pier in smal stro­ke voor­dat jy ’n frai­in­g­rand aan die on­der­kant in­knip. Plak die snees­pa­pier­frai­ings aan die on­der­kant van die spys­kaart vas. Pons t­wee gaat­jies aan die bo­kant in en hang dit met sa­tyn­lint op.

Stoe­le

Ver­sier die stoe­le waar­op die bruid en brui­de­gom gaan sit met lin­te, blom­me en e­ni­ge an­der tier­lan­tyn­tjies wat mooi by die te­ma pas. Jy kan ook ons se­ël­pa­tro­ne op blad­sy 73 ge­bruik.

Trou­wa­pen

Ge­bruik die trou­wa­pen as ’n deur­lo­pen­de mo­tief vir jou troue. S­kan­deer die pa­troon op blad­sy 77 op jou re­ke­naar in. Ge­bruik ’n ont­werp­pro­gram, kies ’n mooi let­ter­ti­pe en vul jul­le voor­let­ters in.

Hou-die-dag-oop­kaart­jies

Ge­bruik die pa­troon op blad­sy 74 en tik jul­le trou­da­tum in. Rond die bo- en on­der­rand af met pa­pier­kant of stro­ke wat jy uit ’n pa­pier­doi­lie ge­sny het.

Uit­no­di­gings

Ge­bruik die pa­troon op blad­sy 74 en tik die be­son­der­he­de van jul­le troue in. Sit die uit­no­di­ging in ’n koe­vert wat jy uit ’n vier­kan­ti­ge doi­lie ge­vou het en dan in ’n spe­si­a­le koe­vert (pro­jek volg).

Koe­ver­te

Ko­pi­eer die koe­vert­pa­troon op blad­sy 72 in die ver­lang­de groot­te op wit pa­pier. Plak hel­der­kleu­ri­ge pa­pier aan die ag­ter­kant van die ge­ko­pi­eer­de pa­troon vas – dit gaan die bin­ne­kant van die koe­vert vorm – en sny dit uit. Vou dit en plak die kan­te toe.

Koek

Be­dek ’n drielaag­koek met wit fon­dant­ver­sier­sel en spuit die ver­sie­rings met ge­kleur­de har­de ver­sier­sel – die ver­sier­sel moet dun ge­noeg wees so­dat jy dit deur ’n ver­sier­punt kan spuit, maar nog vorm be­hou. Kleur die ver­sier­sel die­self­de k­leu­re as jou trou­wa­pen. Skep el­ke kleur ’n ver­sier­sak met ’n no. 1-spuit­stuk en sit dit on­der­ste­bo in ’n bak wat met ’n klam lap ge­voer is – dit sal keer dat die pun­te ver­stop. Ko­pi­eer jou trou­wa­pen in die ver­lang­de groot­te op pa­pier en speld dit aan die koek vas. Neem ’n ek­stra speld en maak al langs die bui­te­ly­ne van die ont­werp prik­kies in die koek so­dat jy dit as rig­lyn kan ge­bruik. Ver­wy­der die pa­pier en spuit die ont­werp van die mid­del af uit­waarts. Ver­an­der van kleur soos no­dig. As jy ’n fout maak, kan jy ’n klam oor­stok­kie ge­bruik om dit af te vee. Druk ‘pun­te’ in die ver­sier­sel lig­gies met ’n klam vin­ger plat. Spuit die skul­prand tus­sen die t­wee on­der­ste lae met ’n ster-spuit­stuk. Rond die koek af met blom­me, ’n lint en ons ‘pas­ge­troud’-ver­sie­ring op blad­sy 77.

Fo­to­hok­kies

Skep jou eie F­ri­da Kahlo- en Die­go Ri­ve­ra-‘hok­kies’ om fo­to’s te neem. Ons het pren­te uit ’n F­ri­da Kahlo­pa­pier­pop­boek ver­groot en ons eie ag­ter­grond­pa­pier ge­bruik. Koop t­wee laag­hout­bor­de – ons s’n is 2 000 x 800 mm groot – en vier groot me­taal­rak­stut­te en skroef die stut­te aan die on­der­kant van die laag­hout­bor­de vas so­dat dit ste­wig staan. Laat jou pren­te en ag­ter­grond­pa­pier in die ver­lang­de groot­te op ste­wi­ge pa­pier druk en plak eers die ag­ter­grond­de­le met mod­ge pod­ge op die bor­de vas. Se­ël dit met nog ’n paar lae mod­ge pod­ge. Sny die pren­te uit en plak hul­le ook stuk­kie vir stuk­kie met mod­ge pod­ge in po­si­sie vas. Laat dit oor­nag droog word voor jy die ga­te vir die ge­sig­te met ’n fi­guur­saag uit­saag. Vyl die ran­de net­jies en sny oor­tol­li­ge pa­pier weg voor­dat jy die bor­de ver­nis.

Skil­de­ry-gas­te­boek

Pleks dat die gas­te in ’n ge­wo­ne gas­te­boek skryf, vra hul­le om ’n skil­de­ry te help verf om jou her­in­ne­rin­ge aan die dag te ver­e­wig. Dit werk só: 1 Soek ’n skil­de­ry waar­van jy hou en ko­pi­eer dit in die groot­te wat jy dit graag wil hê. 2 Trek lyne op die fo­to­ko­pie om dit in groot leg­kaart­stuk­ke te ver­deel. Ko­pi­eer die lyne met kool­pa­pier op ’n ge­blok­te skil­der­doek van die­self­de groot­te. 3 Knip nou die leg­kaart­stuk­ke uit die fo­to­ko­pie. Nom­mer el­ke stuk aan die ag­ter­kant as­ook die oor­een­stem­men­de stuk op die skil­der­doek. Sit die leg­kaart­stuk­ke by die gas­te se plek­ke neer. 4 Maak die skil­der­doek op ’n ta­fel staan met verf, kwas­te en bot­tel­tjies wa­ter. 5 Ge­du­ren­de die ont­haal moet die gas­te hul ge­nom­mer­de leg­kaart­stuk na die ta­fel neem en daar­die deel­tjie verf.

Bran­den­de hart-piña­ta

Piña­tas is dees­dae hoog­mo­de by trou­es. Maak jou eie – dit sal vir se­ker ’n tref­fer wees!

Jy be­no­dig

hart­pa­troon pyl­pa­troon op blad­sy 80 2 vel­le 4 mm-po­lis­ti­reen­skuim­bord (vir die voor- en ag­ter­kant) dik kar­ton (vir die sy­kan­te) blou en rooi snees­pa­pier dun goue, rooi en o­ran­je kar­ton po­lis­ti­reen­skuim­gom ( sty­ro­fo­am glue) plak­band gom­ge­weer hand­werk­mes en sny­mat lint

So maak jy

1 Sny ’n hal­we hart­vorm uit ’n dub­bel­ge­vou­de stuk koe­rant­pa­pier, vou dit oop en ge­bruik dan die vol­le­di­ge hart­vorm as pa­troon om t­wee i­den­tie­se har­te uit die po­lis­ti­reen­skuim­bord te sny. 2 Be­sluit hoe diep die piña­ta moet wees en sny die kar­ton in hier­die b­reed­te in lang stro­ke wat om die hart sal pas. Plak die stro­ke met po­lis­ti­reen­skuim­gom al op die rand van die een hart vas en sit die lek­ker­goed daar­in. Plak die an­der hart bo-op vas. 3 Ge­bruik ons pyl­pa­troon op blad­sy 80 en sny se­we daar­van uit die goue kar­ton. Vir ons piña­ta het ons d­rie gro­ter py­le en vier klei­ne­res ge­maak. Sny die gleuf aan die on­der­punt van die pyl, vou dit op die vou­lyn om ’n staan­der­tjie te vorm en plak dit dan met die po­lis­ti­reen­skuim­gom in po­si­sie op die piña­ta vas. 4 Vou ’n stuk lint in ’n lus en plak die t­wee pun­te met plak­band aan die bo­kant van die hart vas, weers­kan­te van die mid­del. 5 Sit ’n paar vel­le rooi snees­pa­pier op­me­kaar en knip dan die lae ge­lyk in stro­ke van so­wat 3 cm breed. Maak in­knip­pies van 2 cm diep aan die on­der­rand, 1 cm uit­me­kaar. 6 Be­gin on­der by die hart se punt, ge­bruik die po­lis­ti­reen­skuim­gom en plak die snees­pa­pier­stro­ke in rye oor die voor­kant van die piña­ta vas. Vol­tooi die he­le voor­kant en be­dek dan die ag­ter­kant net so voor­dat jy die ran­de net­jies knip. 7 Vol­tooi die sy­kan­te van die piña­ta op die­self­de ma­nier, maar ge­bruik blou snees­pa­pier­stro­ke. Be­gin bo in die mid­del van die hart en werk weers­kan­te na die punt toe ver­by die py­le en lint wat jy ge­plak het. 8 Vir die ‘fak­kel’ aan die bo­kant, sny vlam­vorms van ver­skil­len­de groot­tes uit rooi en o­ran­je kar­ton en plak dit in lae op­me­kaar vas – jy kan af­val­stuk­kies po­lis­ti­reen­skuim tus­sen­in plak om dit van me­kaar te laat weg­staan. Vorm ’n fak­kel­ba­sis uit goue kar­ton wat bo in die mid­del van die hart pas en druk die vlam­me daar­in.

Bruids­rui­ker

Skep ’n flam­bo­jan­te handrui­ker deur ’n ver­skei­den­heid hel­der­kleu­ri­ge blom­me te kies en pa­pier­doi­lies om die ste­le vas te maak met lin­te. Kyk uit vir blom­me met groot kop­pe wat in sei­soen is.

Trou­rok

Hier­die rok met sy mooi ge­bor­duur­de de­tail is an­ders as die ge­wo­ne en lyk of dit een van F­ri­da se rok­ke kon wees. Die rok is van An­nie’s War­dro­be.

Mex­i­kaan­se bou­ton­ni­è­res

Maak dié tong-in-die-kies ‘la­pel­rui­kers’ vir le­de van die ge­volg.

Jy be­no­dig

pa­tro­ne op blad­sy 80 wit, swart en rooi vilt wit, swart en rooi bor­duur­ga­re wit ma­sjien­ga­re bors­speld­knip­pies gom­ge­weer

So maak jy Man

1 Ge­bruik die pa­troon op blad­sy 80 en te­ken die bui­te­ly­ne van die kop­vorm, een swart oog, een wit oog en snor op pa­pier na. Knip die vorms uit en ge­bruik dit om t­wee kop­vorms, t­wee swart oë, t­wee wit oë en een snor uit die reg­te k­leu­re vilt te knip. 2 Werk die de­tail op die wit oë met swart bor­duur­ga­re en plak dit op die swart oë vas. Werk nou die de­tail op die swart oë met wit ma­sjien­ga­re en plak dan die vol­tooi­de oë op een van die kop­vorms vas. 3 Plak die snor op sy plek vas en werk dan die mond­de­tail – ge­bruik swart bor­duur­ga­re en ’n meng­sel van kort en lang reg­uit ste­ke. 4 Plak die vol­tooi­de kop­vorm op die an­der kop­vorm vas en rond dit af met kom­bers­ste­ke reg rondom. Plak die bors­speld­knip­pie aan die ag­ter­kant vas.

Vrou

1 Ge­bruik die pa­troon op blad­sy 80 en knip weer pa­pier­pa­tro­ne soos hier­bo. Ge­bruik die pa­pier­pa­tro­ne om t­wee kop­vorms, t­wee swart oë, t­wee wit oë, t­wee wan­ge en een mond uit die reg­te k­leu­re vilt te knip. 2 Vir die blom, knip uit die rooi vilt ’n sir­kel van om­trent 2,5 cm vir die ag­ter­kant. Knip ook 14 o­vaal­vor­mi­ge blom­blaar­tjies van 1 cm, met een strook van 3,5 x 0,5 cm vir die blom­kern. 3 Vir die oë, ge­bruik swart bor­duur­ga­re en maak ’n Fran­se kno­pie in die mid­del van een van die wit oë. Werk kort reg­uit ste­kies om die Fran­se kno­pie en plak dit op een van die swart oë vas. Her­haal met die an­der wit en swart oog en plak die vol­tooi­de oë op een van die kop­vorms vas. 4 Werk die boon­ste en on­der­ste wim­per­de­tail met reg­uit ste­kies en maak Fran­se kno­pies vir die neus­ga­te. Plak die wan­ge as­ook die mond in po­si­sie vas en werk dan die mond­de­tail soos voor­heen. 5 Plak die blom­bla­re in ’n on­der­ste en mid­del­ste laag van vyf en ’n boon­ste laag van vier op die ag­ter­kant­deel vas. Ein­dig met die op­ge­rol­de stro­kie vir die blom­kern. 6 Plak die vol­tooi­de kop­vorm op die an­der kop­vorm vas en rond dit af met kom­bers­ste­ke reg rondom. Plak die blom in po­si­sie vas voor­dat jy die bors­speld­knip­pie aan die ag­ter­kant plak.

Dui­fies

Ge­bruik die pa­troon op blad­sy 80 en knip al langs die bui­te­lyn ’n voor­en ag­ter­kant­deel uit wit vilt. Neem die voor­kant­deel, ge­bruik swart bor­duur­ga­re en maak die dui­we se oë met Fran­se kno­pies. Werk die res van die de­tail op die dui­we met ’n meng­sel van kort en lang reg­uit ste­ke. Werk swart kom­bers­ste­ke al om die hart en maak dan ’n rooi Fran­se kno­pie bin­nein el­ke steek. Plak die voor­kant­deel op die ag­ter­kant­deel vas voor­dat jy die bors­speld­knip­pie aan die ag­ter­kant plak.

Hart

Ge­bruik die pa­troon op blad­sy 80 en knip al langs die bui­te­lyn ’n voor- en ag­ter­kant­deel uit wit vilt. Knip ook een hart­deel uit rooi vilt. Sit die rooi hart in po­si­sie op die wit voor­kant­deel, ge­bruik swart bor­duur­ga­re en werk dit met kort reg­uit ste­kies on­ge­veer 5 mm bin­ne die rand deur al­bei lae vas. Werk wit Fran­se kno­pies net bin­ne die rand. Werk nog ’n ry reg­uit swart ste­kies net bui­te die rooi hart, op die wit vilt. Werk die res van die de­tail op die voor­kant­deel met ’n meng­sel van kort en lang reg­uit ste­ke. Plak die voor­kant­deel op die ag­ter­kant­deel vas voor­dat jy die bors­speld­knip­pie aan die ag­ter­kant plak.

S­jo­ko­la­de­si­ga­re

Ko­pi­eer die si­gaar­pa­pier­tjies op blad­sy 80 op ge­wo­ne wit pa­pier en sny dit uit. Plak dit op sjo­ko­la­de-wa­fel­stok­kies vas en sit dit in mooi si­gaar­bok­se. Be­dien dit saam met die kof­fie.

Klip-plek­aan­wy­sers

Ver­sier spoel­klip­pe om as plek­aan­wy­sers te ge­bruik. Was eers die klip­pe en verf die bo­kant met ’n paar lae wit hand­werk­verf voor­dat jy met ’n swart merk­pen ge­sig­gies en blom­vorms daar­op te­ken. Ge­bruik verf­pen­ne (soos Ma­ra­bu De­co Pain­ter Pens) of ge­wo­ne a­kriel­verf vir die de­tail en skryf die na­me langs die kan­te in.

Blom­haar­ban­de

Maak vir el­ke vrou­li­ke gas ’n mooi haar­band so­dat sy dit kan op­sit of as aan­den­king kan hou. Ge­bruik ’n gom­ge­weer en plak een­vou­dig ’n paar hel­der­kleu­ri­ge kuns­blom­me op el­ke haar­band vas. Sit dit saam met kant­waai­ers op die ta­fels neer.

Meu­bels van Nerf-af en Wa­ter­ban­kie. Te­ëls en ge­kleur­de gla­se van Moroc­can Wa­re­hou­se. Pa­pier­pom­poms van In Good Com­pa­ny. Bor­de en glas­be­kers van Me­lis­sa’s. Glas­bot­tels van Kit­chen Re­pu­blic.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.