6

Trou Idees - - VOORBLAD -

In die I­dees- kan­toor is daar dees­dae trou­koors – eers Han­nes se broer, dan my peet­kind en laas­tens Da­la se sus­ters­kind. Al­mal trou op ’n streep en wil hul eie ding doen, of ten min­ste fa­mi­lie en vrien­de in­span om dit saam met hul­le te doen. Hand­ge­maak­te, self­ge­vou­de, nie-per­fek ge­stik­te, groep­ge­maak­te trou­goed is groot! Net so is Pin­te­rest met sy ein­de­lo­se in­spi­ra­sie-fo­to’s. Vir hier­die spe­si­a­le uit­ga­we het ons dus soos ’n bruid pro­beer dink en self by Pin­te­rest be­gin. Om­dat ons al­te be­wus is van die oor­vloed in­lig­ting en i­dees op dié plat­form, het ons ons in­spi­ra­sie-fo­to’s op die ou­tyd­se ma­nier uit­ge­knip en uit­ge­pak, dit toe in te­mas ge­groe­peer om el­ke te­ma ge­fo­kus te hou, en daar­na ons in­spi­ra­sie­bor­de ge­maak. Eers toe kon ons in de­tail be­plan en het die hand­werk­ka­mer skie­lik in ’n mier­nes van stik­kers, plak­kers en vou­ers ver­an­der. Bot­tel­tjies en bou­ton­ni­è­res, piña­tas en pa­pier­blom­me, v­lin­ders en vals baar­de het deel van ons le­we ge­word vir ’n in­ten­se, kre­a­tie­we, maand lan­ge ma­ra­thon. Voor ons ons oë kon uit­vee, was al­les klaar, reg vir fo­to’s. Net soos ’n troue wat op die groot dag al hoe mooi­er word soos die saal, blom­me en die bruid ont­hul word, het Han­nes se pa­tro­ne, E­nid se sket­se en Da­la se uit­leg­te al die har­de werk per­fek by­me­kaar­ge­trek ... en hier is sy nou: ons 2015-trou­gids wat saam met jou die paad­jie gaan loop tot jy die laas­te paar treë as me­juf­frou gee. Ge­niet el­ke oom­blik!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.