Be­to­we­rend

Trou Idees - - VOORBLAD -

Ver­ras jou gas­te met ’n ma­gie­se troue in ’n to­wer­bos, net soos in S­ha­ke­spea­re se Mid­so­mers­nag­droom.

Skep die prent­jie

Die toneelstuk ’n Mid­so­mers­nag­droom met sy woud­to­ne­le, s­koen­lap­pers en fee­tjies was ons in­spi­ra­sie vir dié to­wer­mooi ta­fel. Hou al­les sag en wa­sig en in­kor­po­reer tik­kies goud en sil­wer om ’n ma­gie­se ge­voel te skep. Dek die ta­fel met mooi glas- en por­se­lein­wa­re en kom­bi­neer dit met al­ler­lei vin­ta­ge-i­tems wat by die te­ma pas en ver­sie­rings wat jy self ge­maak het. Rond al­les af met sag­te kers­lig vir ’n troue wat nie­mand ooit sal ver­geet nie.

Swaai bo­kant die ta­fel

Hang ’n ver­weer­de hout­plank uit ’n boom of die pla­fon vir ’n tik­kie kin­der­li­ke nos­tal­gie. Maak die plank met ru­we tou bo die bruids­ta­fel vas, ver­sier dit met stuk­kies S­paan­se mos, rank­plant­jies, blom­me en pa­pier­skoen­lap­pers (ge­bruik ons pa­tro­ne op blad­sy 30) en pak mooi vin­ta­ge-i­tems en ou boe­ke daar­op.

Blom­me

Ge­bruik ek­so­tie­se blom­me soos or­gi­deë en kom­bi­neer dit met wit tul­pe en fyn veld­blom­me­tjies wat al­les los­weg ge­rang­skik word. B­ring tik­kies groen in met S­paan­se mos, blaar­tak­kies en ran­ker­tjies en rond dit af met ’n bie­tjie goue spuit­verf hier en daar.

Ta­fel­nom­mers

Maak vir el­ke ta­fel ’n groot goue nom­mer en sit dit on­der ’n glas­koe­pel. Sny die nom­mers in die let­ter­ti­pe van jou keu­se (kyk op blad­sy 55-57 hoe jy mooi letters kan kies) uit dik­ke­ri­ge kar­ton. Werk op koe­rant­pa­pier, verf die he­le nom­mer met ’n wa­ter­ba­sis­hand­werk­gom en sprin­kel goue glin­ster­strooi­sel daar­oor. Skud die ek­stra strooi­sel af en hou dit vir die vol­gen­de nom­mer. Maak die nom­mer op ’n skyf van ’n boom­stomp on­der die koe­pel staan en rond dit af met mos, ’n ‘to­wer­vrug’ (sien die vol­gen­de pro­jek) en nog pa­pier­skoen­lap­pers.

To­wer­vrug­te

Ge­bruik ap­pels of pe­re wat nog hul­le steel aan­het. Werk op koe­rant­pa­pier en verf die he­le vrug met ’n wa­ter­ba­sis­hand­werk­gom. Sprin­kel goue glin­ster­strooi­sel o­ral­oor die vrug en skud die ek­stra strooi­sel af. Laat dit droog word en ge­bruik dit as ta­fel­ver­sie­ring.

Trou­wa­pen

Ge­bruik die trou­wa­pen as ’n deur­lo­pen­de mo­tief vir jou troue. S­kan­deer die pa­troon op blad­sy 33 op jou re­ke­naar in. Kies ’n let­ter­ti­pe (sien blad­sy 55-57) en ge­bruik ’n ont­werp­pro­gram om jul­le voor­let­ters en trou­da­tum op die ont­werp in te vul. Jy kan ’n gra­fie­se ont­wer­per vra om jou te help as jy dit nie self wil doen nie.

Ta­fel­plan

Skep hier­die spe­si­a­le ta­fel­plan met s­koen­lap­pers in goue ra­me. Ko­pi­eer ons blad­sy met s­koen­lap­pers in kleur op stel­le af­trek­pa­pier en a­se­taat en sny vir el­ke bors­speld een van pa­pier en een van a­se­taat uit. Ge­bruik jou gom­ge­weer en plak die pa­pier­skoen­lap­per met ’n k­lein drup­pel­tjie gom op die een van a­se­taat vas. Druk die pa­pier­skoen­lap­per se vler­ke op so­dat dit lyk of dit flad­der. Plak ’n k­lein ko­per­haak­speld­jie aan die on­der­kant van die skoen­lap­per vas met die speld­punt wat na bo en uit­waarts wys. Vir die ra­me self het ons blaaie uit ’n ou boek as ag­ter­grond ge­bruik en ’n vel af­trek­pa­pier bo-oor ge­sit. Sny dun vel­le po­lis­ti­reen­skuim om in die ra­me te mon­teer en plak die t­wee lae pa­pier bo-op vas met ’n ge­skik­te gom. Sny stro­kies met ta­fel­nom­mers en die gas­te se na­me uit, lê dit saam met die s­koen­lap­pers bin­ne die raam uit en plak die stro­kies in po­si­sie vas. Sit al­les aan­me­kaar, maak die haak­speld­jies oop en druk die s­koen­lap­pers op hul­le plek­ke bin­ne die raam. Laat die gas­te dit aan­steek soos hul­le ar­ri­veer.

Hou-die-dag-oop-kaart­jies

Ge­bruik die pa­troon op blad­sy 28, vul die be­son­der­he­de in en druk dit uit. Sit dit in ’n mooi koe­vert (sien hier­on­der).

Uit­no­di­gings

Ge­bruik die pa­troon op blad­sy 29 en skep die uit­no­di­gings net soos die hou-die-dag-oop-kaart­jies. Bind dit met ru­we tou op ’n ou­tyd­se prent vas en rond dit af met ’n was­se­ël.

Koe­ver­te

Ko­pi­eer die koe­vert­pa­troon op blad­sy 92 in die ver­lang­de groot­te en sny die vorm uit ons hand­ge­skre­we pa­pier op blad­sy 31. Plak dit met spuit­gom op goue pa­pier vas, sny dit uit en vou dit. Plak die kan­te met al­kant-plak­band toe.

Ta­fel­lo­pers

Ge­bruik ons pa­tro­ne op blad­sy 32-34 om pa­pier­lo­pers vir die ta­fels te maak. Tik ook jul­le spys­kaart op die spys­kaart­pa­troon in. Druk dit op A3-vel­le pa­pier uit en ge­bruik ’n k­lein ma­sjien­s­te­kie om die vel­le aan me­kaar te stik. Vir ’n net­jie­ser voor­koms kan jy al­kant-plak­band ge­bruik. Ons het ma­te­ri­aal met ’n fee­tjie­mo­tief oor die ta­fel ge­gooi voor­dat ons d­rie ta­fel­lo­pers dwars­oor ge­sit het.

Gas­te­boek

Hier­die gas­te­boek pas mooi in by die te­ma. Koop k­lein koe­vert­jies en plak dit met al­kant-plak­band bin­ne ’n groot goue raam vas wat jy teen die muur staan­maak. Ko­pi­eer ons brie­fie­pa­troon op blad­sy 29, sny dit uit en sit ’n pak daar­van op ’n ta­fel­tjie waar jy ook ’n veer­pen en ink ge­los het.

E­ti­ket­te vir eet­ge­rei

Ko­pi­eer die eet­ge­rei-e­ti­ket op blad­sy 28 op kar­ton, sny dit uit, pons ’n gaat­jie daar­in en maak dit met ’n stuk­kie ru­we tou om die eet­ge­rei vas.

P­lek­kaart­jie­plek­kaart­jies

S­kan­deer ons plek­kaart­jie-e­ti­ket op blad­sy 28 op jou re­ke­naar in, ge­bruik ’n ont­werp­pro­gram om die na­me in die let­ter­ti­pe van jou keu­se in te tik en druk dit uit op kar­ton. Knip dit uit, pons ’n gaat­jie daar­in en ryg ’n stuk­kie ru­we tou daar­deur. Maak dit aan die stoel se rug­leu­ning vas.

S­toel­ver­sie­rings

Pleks van ge­wo­ne stoel­strik­ke kan jy ’n bie­tjie kre­a­tief raak en jou s­toel­ver­sie­rings by jou te­ma laat in­pas.

• Ver­sier van die stoe­le met mos, rank­plant­jies en vars blom­me.

• Ver­sier an­der stoe­le deur fee­tjie­ma­te­ri­aal daar­oor te dra­peer.

• Maak nog pa­pier­skoen­lap­pers met ons pa­tro­ne op blad­sy 30 en maak dit aan die stoe­le vas.

• Maak ’n vin­ta­ge-bot­tel­tjie met ’n stuk­kie ru­we tou aan el­ke stoel se rug­leu­ning vas. Hang ’n plek­kaart­jie-e­ti­ket (sien hier­on­der) aan die bot­tel­tjie en sit ’n paar mooi blom­me­tjies daar­in.

• Hang spe­si­a­le bord­jies aan die bruids­paar se stoe­le, soos dié Mr- en Mrs-bor­de.

Koek

Ver­sier ’n twee­laag­koek wat met wit fon­dant­ver­sier­sel be­dek is só om by jou te­ma te pas:

Goue on­der­ste laag Meng goue poei­er­kos­kleur­sel met ’n kleur­lo­se al­ko­hol soos vod­ka om ’n goue ‘verf’ te vorm. Ge­bruik ’n groot, plat kuns­kwas­sie en verf die kan­te van die koek met die meng­sel. Verf net­jies om die bo­rand van die koek. Laat dit oor­nag droog word.

Boon­ste laag met blom­krans Merk die blom­krans se goue tak­kies met ’n speld al om die mid­del van die koek uit. Spuit dit met har­de ver­sier­sel. Laat dit droog word en ge­bruik dan ’n dun, sag­te kuns­kwas­sie om dit goud te verf. Plak fon­dant­blom­me en -blare (jy kan jou eie maak óf dit by ’n bak­win­kel koop) met har­de ver­sier­sel om die tak­kies vas so­dat dit soos ’n blom­krans lyk. Verf ’n bie­tjie eet­ba­re goud­stof oor die blom­me en laat dit oor­nag droog word. Rond die koek af met nog pa­pier­skoen­lap­pers (pa­tro­ne op blad­sy 30).

Me­rin­gue-to­ring

Dié lek­ker­goed-‘boom­pie’ pas per­fek in.

Maak: 40-60 me­rin­gues Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te Bak­tyd: 1 uur, plus droog­tyd Oond­tem­pe­ra­tuur: 120 °C

4 groot ei­er­wit­te, by ka­mer­tem­pe­ra­tuur 2 ml kre­me­tart 200 g (230 ml) strooi­sui­ker 2 ml va­niel­je­geur­sel eet­ba­re goud­stof

1 K­lits die ei­er­wit­te tot dit sag­te pun­te vorm. Voeg die kre­me­tart en ’n kny­pie sout by en k­lits tot die ei­er­wit­te styf is. 2 Voeg die strooi­sui­ker – net 25 ml op ’n slag – by en k­lits goed ná el­ke by­voe­ging om dit op te los. Vou die geur­sel saam met die laas­te 25 ml sui­ker in. 3 Voer bak­pla­te met bak­pa­pier. Skep die me­rin­gue-meng­sel in ’n spuit­sak met ’n ron­de spuit­punt.

4 Spuit k­lein sir­kel­vorms op die bak­pla­te. Bak dit vir ’n uur in die ver­hit­te oond. Sit die oond af en laat dit vir t­wee uur of oor­nag in die oond uit­droog. 5 Trek ’n ke­gel­vor­mi­ge bloe­mis­te-oa­se oor met goue pa­pier en sit dit op ’n mooi bord. Druk die me­rin­gues met tan­de­stok­kies ver­sig­tig in die oa­se in. Rond dit af met eet­ba­re goud­stof en pa­pier­skoen­lap­pers.

Blom-pa­pier­lan­terns

Hier­die lan­terns sal nie net at­mos­feer skep op jou troue nie, maar ook ag­ter­na mooi lyk in jou huis! Koop C­hi­ne­se pa­pier­lan­terns in die groot­te van jou keu­se en ver­sier dit met kuns­blom­me waar­van die ste­le en kelk­bla­re ver­wy­der is. Ons het ’n gom­ge­weer ge­bruik om eers strin­ge draad met kris­tal­le op die lan­tern vas te plak, ge­volg deur die blom­me, pa­pier­skoen­lap­pers en pê­rel­ver­sie­rings om dit af te rond. Ont­hou, om reg­af te hang moet al­bei kan­te van die lan­tern die­self­de ge­wig wees. Hang dit met lin­te op ver­skil­len­de hoog­tes bo­kant die ta­fels.

Fo­tomuur

Laat jou gas­te teen ’n mooi ag­ter­grond staan vir die fo­to’s. Soek ’n aan­ha­ling waar­van jy hou en druk dit in mooi letters oor t­wee A0-vel­le pa­pier uit wat jy dan met al­kant-plak­band in ’n lang strook aan me­kaar plak. Maak dit aan ’n tak vas wat met blom­me en s­koen­lap­pers ver­sier is en hang dit op.

Kon­fet­ti-ke­gels

Kies A4-vel­le pa­pier wat by jou te­ma pas en sny dit in ’n vier­kant­vorm. Vou dit in ’n ke­gel. Plak die los sy­kant aan die ag­ter­kant met al­kant-plak­band vas. Pons ’n gaat­jie in die los bo­punt, vou dit toe en merk waar dit oor die bo­kant van die ke­gel pas. Vou dit weer oop en pons ook ’n gaat­jie op die plek wat jy ge­merk het. Sny nou stro­kies met ’n ge­pas­te bood­skap uit af­trek­pa­pier. Pons ’n gaat­jie aan die bo­punt van die stro­kie en sny die on­der­punt in ’n swa­el­stert­vorm. Vul die ke­gel met kon­fet­ti en maak dit toe met ’n twee­been­speld waar­aan jy een van die stro­kies ge­haak het. Rond dit af deur ’n pa­pier­skoen­lap­per bo-op die oop­ge­druk­te been­tjies van die speld te plak. WENK Ge­bruik ’n pa­troon­pons en pons jou eie kon­fet­ti uit die blaaie van ’n ou boek.

Boek-ring­hou­er

Hier­die ro­man­tie­se ring­hou­er sal ook vir mooi fo­to’s sorg. Kies ’n ou boek en sit ’n vel a­se­taat net voor die ti­tel­blad daar­in. Maak die boek ste­wig toe so­dat al die blaaie styf teen me­kaar lê en verf hout­lym al om die pa­pier­ran­de so­dat net die bui­te­ran­de aan me­kaar sal kleef. Sit iets swaars soos ’n bak­steen op die boek en laat dit oor­nag so staan om droog te word. Die vol­gen­de dag kan jy die bak­steen af­haal en die vel a­se­taat ver­sig­tig ver­wy­der. Ge­bruik dan jou hand­werk­mes en staal­li­ni­aal om die o­pe­ning aan die bin­ne­kant af te meet en uit te sny. Sny oor en oor op die­self­de lyne tot­dat die o­pe­ning diep ge­noeg is. Sny die hoe­ke so net­jies as moont­lik. Sit ’n bie­tjie mos in die o­pe­ning en rond dit af met ’n skoen­lap­per of t­wee.

Skoen­lap­per-rui­ker

’n Rui­ker vir ’n woud­nimf! Ko­pi­eer ons blad­sy met s­koen­lap­pers in ver­skil­len­de groot­tes op kar­ton, af­trek­pa­pier en a­se­taat en sny dit uit. Ver­sier van die s­koen­lap­pers met ’n bie­tjie goue glin­ster­strooi­sel na­dat jy lig­gies met spuit­gom daar­oor ge­spuit het. Be­spuit dit ook lig­gies met mat goue spuit­verf. Plak elk van die s­koen­lap­pers met ’n gom­ge­weer op ’n leng­te groen bloe­mis­te­draad vas waar­van die punt om­ge­buig is. Bind dit met ’n goue or­gan­za-lint in ’n rui­ker vas saam met fyn tak­kies (ook by bloe­mis­te­win­kels te kry).

Skoen­lap­per-hals­snoer

Maak ’n hals­snoer wat by jou rui­ker pas. Ge­bruik weer ons blad­sy met s­koen­lap­pers en ko­pi­eer dit oor­groot op a­se­taat en af­trek­pa­pier. Sny die vler­kies los en druk ’n me­taal­o­gie in elk­een. Ryg dit met goue koord in ’n hals­snoer en maak ’n kno­pie ná el­ke vler­kie om dit in po­si­sie te hou. Rond die hals­snoer af deur klei­ner s­koen­lap­pers op van die vler­ke te plak met jou gom­ge­weer. Spuit­verf dit weer lig­gies met mat goue spuit­verf.

deur HAN­NES KOE­GE­LEN­BERG ek­stra pro­jek­te LIZEL CLOE­TE en CA­RIN S­MITH koek TA­NI KIR­STEN fo­to’s ED O’RI­LEY

Kan­de­laar, pienk sjer­rie­gla­se, goue bak­kies, groot goue raam en kraf­fie van Plan B Vin­ta­ge. Kers­staan­ders en ker­se, glas­koe­pels, koek­staan­ders, por­se­lein­wa­re, sjam­pan­je­gla­se, vin­ta­ge-bot­tel­tjies, an­der goue ra­me, Mr- en Mrs-bord­jies, ou boe­ke en stom­pe te huur by My Pret­ty Vin­ta­ge. Fee­tjie­ma­te­ri­aal van Mi­tat. Ag­ter­grond­fo­to van gal­loi­ma­ges/get­tyi­ma­ges.com. Ge­druk deur A­corn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.