Tuis Badkamers

HUL EIE EKSOTIESE OASE

’n Johannesbu­rgse paartjie het inspirasie uit Marokko gebruik om hul badkamer in ’n stylvolle, rustige ruimte te omskep.

- Amanda van Wyngaardt • Elza Cooper Deur Foto’s

Ons badkamer voel soos ’n toevlugsoo­rd ver van die daaglikse gewoel. – Carmel

CCarmel en David Ives het geweet hul droombadka­mer moet ’n kalm ruimte wees, ’n stylvolle vertrek waar hulle kan ontspan. Hulle is dol oor die romantiek van die Marokkaans­e voorkoms – ’n tema wat deur hul hele huis herhaal word. Toe hul en suite-badkamer ’n nuwe baadjie moes kry, was dit natuurlik dat hulle weer inspirasie uit dié bekoorlike land sou put.

“Ons wou iets buitengewo­ons hê,” sê Carmel. “Maar die vertrek is klein, met te min ruimte vir ’n aparte bad en stort.” Toe besluit die paartjie om die stort bo die bad te laat installeer in ware hammamstyl, waar verfrissen­de stoomwolke hulle kan omhul net soos in ’n regte spa.

Hulle het die hulp van Sachar Pistorius van Urban Abbey Constructi­on ingeroep. Hy het die toilet en klein stort (voorheen ’n aparte vertrek) omskep in ’n ruim bad-en-stortnis wat met trappies bereik word. Die bad is ingebou met bakstene, waterdig gemaak en toe in die perfekte vorm gepleister. Daarna is ’n afvlaklaag aangewend.

Vertikale vensters bo die wasbakke is vervang met ’n enkele hoë smal, horisontal­e venster, terwyl ’n groter venster in die stort ’n verfrissen­de, “oop” gevoel gee. Vir die twee wasbakke is ’n swewende blad van betonlatei­e gemaak.

Die paartjie kon nie twee identiese Marokkaans­e spieëls kry nie, maar Sachar het Carmel oortuig om twee in verskillen­de dog komplement­êre style te kies – een meer manlik en die ander vroulik.

 ??  ?? Voor
Voor
 ??  ?? Ruwe hout bring ’n tikkie tekstuur in die vertrek.
Ruwe hout bring ’n tikkie tekstuur in die vertrek.
 ??  ?? Voor Ná Die stort is nou bo die bad
Voor Ná Die stort is nou bo die bad
 ??  ?? Carmel het dié Marokkaans­e lanterns en spieëls by Moroccan House in Pretoria raakgeloop.
Carmel het dié Marokkaans­e lanterns en spieëls by Moroccan House in Pretoria raakgeloop.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa