Tuis Badkamers

Só kry jy die Marokkaans­e styl

-

Was jy nog altyd bekoor deur die kleure en patrone van dié land in Noord-Afrika? Die stilis en binneversi­erder Amanda van Wyngaardt vertel hoe jy dit regkry in jou dekor. Argitekton­iese detail Afgevlakte trappe wat na die bad lei, is tipies Marokkaans. Onthou net, die afvlaklaag kraak effens en haarkleurs­el kan dit vlek.

Tradisione­le aksente Voeg ’n paar bykomstigh­ede met tradisione­el Marokkaans­e vorms by; hier verskaf die lanterns en spieëls die nodige eksotiese detail.

Rustige basiskleur ’n Naatlose, monochroom basiskleur

– in dié geval vars wit – vir die mure, wasbakeenh­eid en vloer skep ’n kalm, aardse atmosfeer.

Treffende aksente Gebruik lap om kleur en patrone in te bring; in dié badkamer skep die helderblou handdoeke ’n kleur-fokuspunt. Marokkaans­e metaalware Bonkige silwer bakke, kruike en vase wat óf met ’n hamer gekap óf gegraveer is, skep visuele drama.

Rustieke elemente Die houtkis, spieëlrame en lanterns skep balans met die wit mure, wasbakeenh­eid en vloer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa