Tuis Badkamers

[V&A]

met Sarah

-

Waar kry jy jou idees? Oral! Tydskrifte, ander mense se huise, die natuur ... Het jy en jou man saamgestem oor die ontwerp, voorkoms en gevoel van die

vertrek? Ek is in die bevoorregt­e posisie dat my man my visie blindeling­s vertrou wanneer dit by huisverbet­erings kom. Die nuwe ruimte moes vir ons al twee ’n plek van ontvlugtin­g wees – en dis presies wat dit vandag is.

Help dit om eers ’n ruimte in te leef? As dit moontlik is, ja! Nadat ons nege jaar in die huis gewoon het, het ons ’n goeie gevoel vir die ruimte gehad. Ons het ook ’n ruimer begroting gehad wat beter afwerkings moontlik gemaak het.

Wat is jou raad aan ander opknappers? Voeg minstens 15% by tot jou begroting! Hoekom dink jy werk dit so? Ek het verlief geraak op krane wat effe duurder was as waarvoor ek begroot het en dit was nie dadelik in die land beskikbaar nie. Ek het ook besluit om die mure ’n sement-afwerking te gee – die proses neem ’n ruk want dit gebeur in lae, en elke laag moet eers verhard. Dit het alles vertraging­s veroorsaak wat ekstra uitgawes beteken het.

Waar is jou gunsteling-snuffelple­kke vir dekor-items? Ek het nie ’n gunsteling­plek nie. Ek is mal oor ou en nuwe goed, so ek is geneig om by verskeie winkels in te loer tot ek iets kry wat met my praat.

Wat is volgende? Ons is op die oomblik besig om die badkamer in die gaste-suite te vernuwe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa