Re­de vir op­knap

Tuis Opknap - - Inhoud -

On­danks 20 jaar on­der­vin­ding as op­knap­per op haar kerf­stok, was dié k­lip­huis die moei­lik­ste op­knap­pro­jek wat Esté nog aan­ge­pak het. Die 135 jaar oue huis met sy klip­mu­re, wat so ken­mer­kend is van die ou­er hui­se op Mos­sel­baai, was ’n ta­me­le­tjie.

As jy ’n o­pe­ning wou maak vir wa­ter­py­pe, het die muur som­mer in­een­ge­stort om­dat die klip ver­pak is met sand en nie se­ment nie. Waar jy wel ’n en­ke­le klip kon uit­kry, moes jy weer ’n klip laat bei­tel om in die gat met sy nu­we groot­te te pas.

Esté het deur­ge­druk en die er­fe­nis­huis met die no­di­ge sen­si­ti­wi­teit op­ge­knap om die oor­spronk­li­ke in­te­gri­teit van die ge­bou te be­hou. En hoe­wel die re­ke­ning van so­wat R640 000 baie klink, het sy lag-lag R1,5 mil­joen se waar­de by­ge­voeg. Van­dag word die huis as va­kan­sie­ver­blyf ver­huur en staan be­kend as The Co­ve Old Sto­ne Vil­la, maar vir Esté sal dit al­tyd “ons k­lip­huis” wees.

Om­dat die huis ’n er­fe­nis­ge­bou is, moes die dak die­self­de vorm bly as 135 jaar ge­le­de. Die ven­sters mag ook nie staal of a­lu­mi­ni­um wees nie, maar hout soos dit oor­spronk­lik was. Nie die klip­struk­tuur of die fa­sa­de mag ver­an­der word nie. (Bo links) Die hui

Ar­min, Frans-hugo, Ber­nard en Esté.

’n S­taal­balk moes in­ge­span word in die nu­we oop­plan­ver­trek om­dat ’n hout­balk nie die ge­wig van die klip sou kon dra nie. Die stoof is in die ei­land in­ge­bou na­dat die po­te af­ge­haal is. Van hier kan jy die see sien wan­neer jy kos­maak.

Die he­le kom­buis is ont­werp en ge­maak deur B­ri­an Bronk­horst van Wood For­ge. >> La­bo­ra­to­ri­um­was­bak­ke is tref­fend en tyd­loos in ’n kom­buis.

Deur die ga­ra­ge kry jy mak­lik toe­gang tot die bin­ne­hof.

Die kot­huis op die erf is op­ge­knap en word as ek­stra ver­blyf van 27 m² in­ge­span.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.