Hoof­ver­an­de­rin­ge

Tuis Opknap - - Inhoud -

’n Aan­tal bin­ne­mu­re is uit­ge­breek om ’n oop­­plan­ruim­te te skep. Die kom­buis ag­ter in die huis is vo­ren­toe ge­skuif en maak deel uit van die nu­we oop­plan­leef­ver­trek met ’n see­uit­sig. Elk­een van die drie slaap­ka­mers het ’n en sui­te-bad­ka­mer ge­kry – baie meer prak­ties as die vo­ri­ge en­ke­le, piep­k­lein bad­ka­mer aan die ag­ter­kant van die huis.

Die en­kel­ga­ra­ge is in ’n dub­bel­ga­ra­ge om­skep en die grens­mu­re is ver­hoog. ’n Lief­li­ke groot dek is bo-op die ga­ra­ge ge­bou en bied ’n on­ge­loof­li­ke uit­sig op die see, wat 40m weg is.

Die oor­spronk­li­ke o­re­gon­den­hout­vloe­re is af­ge­skuur en ge­se­ël. Van die hout­vloe­re is ver­vang met ge­wo­ne be­ton­vloe­re.

Die ge­roes­te staal­ven­sters is met hout­ven­ster­ra­me ver­vang. Kort voor die De­sem­ber­va­kan­sie het Esté op die in­ge­wing van die oom­blik be­sluit om ’n k­lein swem­bad in een van die twee bin­ne­ho­we te bou om die vil­la-ge­voel te ver­sterk. Die e­lek­tri­si­teit en lood­gie­terswerk reg­deur die huis is oor­ge­doen. >>

Die huis is per­fek ge­leë met ‘n lief­li­ke

uit­sig op die see – Esté

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.