Re­de vir op­knap

Tuis Opknap - - Inhoud -

Toe Zahn vir Ra­chel­le in Ja­nu­a­rie 2013 vra om te trou, het hy ge­weet daar is geen bly­plek vir hul­le op die fa­mi­lie­plaas nie. Maar ’n boer maak ’n plan – en daar en dan het hy be­sluit om ’n ou, ver­val­le wer­kers­hui­sie vir hul­le op te k­nap.

Van vo­ri­ge bou­er­va­ring was daar nie spra­ke nie, maar hy was vas­be­slo­te om die plek leef­baar te maak en te red wat te red­de was. Hy het leer ste­ne lê, se­ment aan­maak en pleis­ter. En selfs toe ’n ruit een­dag op hom val en sy lin­ker­pols by­na-by­na af­sny, het hy (ná heel­wat ste­ke) deur­ge­druk. Van­dag het hy dalk steeds nie ge­voel in drie van sy vin­gers nie, maar vir hom en Ra­chel­le sal dié hui­sie al­tyd ’n koes­ter­plek wees.

Moe­nie bang wees om din­ge “an­ders” te doen nie – dis ons be­geer­te om by die bu­re by te hou wat die kos­te van ’n pro­jek on­no­dig

laat styg. – Ra­chel­le

Die ou, ver­val­le deu­re is af­ge­skuur en het nu­we le­we ge­kry met ’n laag ver­nis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.