Hoof­ver­an­de­rin­ge

Tuis Opknap - - Inhoud -

Die bin­ne­mu­re, wat die huis voor­heen in twee ver­deel het, is uit­ge­kap. ’n Bad­ka­mer is aan­ge­bou en nu­we ven­sters in­ge­sit: twee groot ven­sters in die slaap­ka­mer, en een groot en twee k­lein ven­sters in die bad­ka­mer.

Die huis se wa­ter­py­pe en e­lek­trie­se be­dra­ding is oor­ge­doen. ’n Gas­gei­ser is ge­ïn­stal­leer wat saam met die be­staan­de son­­gei­ser oor­ge­noeg warm wa­ter voor­sien.

In die kom­buis is ’n op­was­a­rea in­ge­rig en werk­blaaie en rak­ke in­ge­sit. ’n Nu­we pla­fon het ge­volg en die huis is bin­ne en bui­te oor­ge­verf. Die o­pe­ning waar die kag­gel voor­heen was, is om­skep in ek­stra pak­plek vir die kom­buis, ter­wyl ’n nu­we los­staan­de kag­gel in­ge­sit is.

Die vloe­re is ge­plak met bruin­pa­pier en met seil­jag­ver­nis ge­se­ël – ’n goed­koop o­plos­sing vir ’n le­li­ke se­ment­vloer. ’n Stoep is aan­ge­bou – maar dié pro­jek is nog in wor­ding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.