V&A met Su­zi en S­te­phan

Tuis Opknap - - Inhoud -

E­ni­ge geld­spaar­wen­ke? Maak se­ker jy weet wat jy wil hê voor­dat jy be­gin. Dit kan duur wees as jy half­pad deur die pro­jek van plan ver­an­der! Skryf al jou uit­ga­wes neer; jy kan tred ver­loor met hoe­veel jy reeds be­stee het.

Waar het jul­le jul i­dees ge­kry? Ons het floor­plan­ner.com ge­bruik. Su­zi be­skou ook haar­self as ’n Pin­te­rest-slaaf: “Ek s­teel met my oë,” lag sy.

Wat sou jul­le an­ders doen? Ons sou op die fi­na­le af­wer­king be­sluit voor­dat ons met die op­knap­werk be­gin het. Ons het die muur uit­ge­breek voor­dat ons nu­we vloe­re ge­kies het; dit het ons pro­jek laat sloer om­dat ons eers ver­skeie op­sies moes oor­weeg.

E­ni­ge an­der wen­ke? Be­plan, be­plan, be­plan! Maak se­ker wat jy wil hê, loer in by ver­skaf­fers en vat aan i­tems waar­van jy hou en neem voor­beel­de huis toe. Dis ook be­lang­rik om kom­pro­mieë aan te gaan.

Waar­van hou jul­le die mees­te? Die muur­een­heid. Dit het baie lief­de en bloed­sweet ge­verg, en dis die eer­ste ding wat ’n mens sien wan­neer jy by die vertrek in­stap. Dit skep die voor­koms wat ons graag wou hê.

Wat is vol­gen­de? Ons werk aan ’n dek in die voor­tuin en wil nog die boog­ven­sters in die leef­ver­trek met ’n deur ver­vang. Ons het ook die kom­buis be­gin op­knap. En dan moet ons die ba­ba­ka­mer klaar­maak voor­dat ons dog­ter­tjie haar op­wag­ting maak!

Stel ’n be­gro­ting op en hou

daar­by. – Su­zi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.