Hoof­ver­an­de­rin­ge

Tuis Opknap - - Inhoud -

• Die muur wat die kom­buis van die sit­ka­mer skei, is uit­ge­breek en een van die ven­sters is ver­vang met ’n skuif­deur. Al die muur- en vloer­te­ëls is uit­ge­kap.

• Die oor­bly­wen­de kas­te is her­stel en wit ge­verf. Die hand­vat­sels is ver­vang en nu­we gra­niet­werk­blaaie is ge­ïn­stal­leer. ’n Paar ad­di­si­o­ne­le oop rak­ke is by­ge­voeg om­dat Jan­net­te van daar­die voor­koms hou.

• ’n Ei­land is in die mid­del van die kom­buis ge­bou – ’n lek­ker kui­er­plek vir fa­mi­lie en vrien­de.

• Die mu­re is hout­skool­grys ge­verf en die rou bak­ste­ne is af­ge­werk met ’n wit verf­teg­niek ( sien regs).

• De­ko­ra­tie­we po­lis­ti­reen­te­ëls is aan die pla­fon ge­plak en ’n spat­plaat van groot rooi te­ëls is aan­ge­bring om die mu­re te be­skerm.

• Jan­net­te se han­di­ge ma, An­ge­li­que Tromp, het die was­bak ge­help in­stal­leer en het ook met die lood­gie­terswerk ge­help.

• ’n Te­ël­lê­er het die groot vloer­te­ëls ge­lê (120 x 60 cm elk) waar­oor Jan­net­te so dol is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.