Re­de vir op­knap

Tuis Opknap - - Inhoud -

Toe Elai­ne, ’n bin­ne-ont­wer­per, en haar man, Ri­chard, wat in die fiets­be­dryf werk, be­sluit om ’n nu­we ka­mer te bou vir hul seun, Jus­tin, het dit ’n do­mi­no-uit­wer­king ge­had. Kort voor lank was hul­le be­sig om die kom­buis en eet­ka­mer op te k­nap! Hul­le het in Ju­lie 2013 die kom­buis be­gin reg­ruk; die pro­jek het 12 we­ke ge­duur en hul­le het in die pro­ses nut­ti­ge vaar­dig­he­de ge­leer.

“Die ou kom­buis en eet­ka­mer was k­lein, a­par­te ver­trek­ke. ’n Mens kon nie uit die kom­buis tot in die sit­ka­mer sien nie, en Jus­tin se slaap­ka­mer het oop­ge­maak in die eet­ka­mer, waar hy en Chloe hul huis­werk ge­doen het. My kan­toor was aan die ag­ter­kant van die huis. Die uit­leg het net nie ge­werk nie,” ver­dui­de­lik Elai­ne.

Toe die paar­tjie Jus­tin se nu­we slaap­ka­mer aan­bou, het dit sin ge­maak om ’n muur uit te breek en sy ou slaap­ka­mer deel van die kom­buis te maak. “My les­se­naar staan nou in dié nu­we deel van die kom­buis so­dat die kin­ders se huis­werk, my werk en kos­maak al­les in een ruim­te ge­doen kan word,” sê Elai­ne.

“Ons was te bly om van die kom­buis­kas­te ont­slae te raak, want ons het nie van die styl ge­hou nie,” sê Ri­chard. “Die e­nig­ste hulp wat ons in­ge­roep het, was om ’n muur uit te breek, vir die e­lek­trie­se werk, en om die vi­niel­vloer en die werk­blad te in­stal­leer. Dit het ses we­ke ge­duur en ons het nóg ses we­ke aan die kas­te en af­wer­king be­stee.”

Vi­niel­plak­kers (kry soort­ge­ly­kes by ro­bin­sprong.com) som die ge­sin se waar­des op. Chair Cra­zy het soort­ge­ly­ke eet­ka­mer­stoe­le (bo).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.