Hoof­ver­an­de­rin­ge

Tuis Opknap - - Inhoud -

• Twee mu­re tus­sen die kom­buis en bin­ne­hof is uit­ge­breek om een groot vertrek te skep. Waar die ou kom­buis eens was, is nou ’n a­par­te op­was­ka­mer; die res is ’n oop­plan­ver­trek wat met die eet­ka­mer ska­kel.

• Oor die ge­deel­te wat eens die bin­ne­hof was, is ’n plat dak op­ge­sit; daar is geen pla­fon nie – die dak­bal­ke vorm ’n lief­li­ke fo­kus­punt.

• Ter wil­le van meer na­tuur­li­ke lig in die kom­buis is twee reg­hoe­ki­ge dak­lig­te in­ge­sit.

• Vol­gen­de aan die beurt was die ei­land en raam­werk vir die an­der kas­te in die kom­buis – dit is met herwinde bak­ste­ne ge­bou. Die gleu­we tus­sen die bak­ste­ne is met pleis­ter­se­ment ge­vul, waar­na die ste­ne ge­se­ël is vir ’n glad­de voor­koms.

• Die werk­blaaie be­staan uit be­ton­la­teie wat op die bak­steen­muur­tjies rus en met se­ment af­ge­werk is.

• Die kom­buis­kas­te is deur ’n skryn­wer­ker ge­maak en toe ge­verf, maar die boon­ste, oop spaan­der­bord-rak­ke was hul eie han­de­werk.

• ’n Nu­we se­ment­vloer is ge­gooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.