V&A met Jo­ha­net­te

Tuis Opknap - - Inhoud -

E­ni­ge geld­spaar­wen­ke? Ge­bruik herwinde ma­te­ri­aal waar moont­lik en moet nooit ou goed weg­gooi nie – met ’n la­gie verf lyk al­les weer splin­ter­nuut.

Waar het jul­le jul i­dees ge­kry? Die mees­te van ons i­dees kom uit Tuis, ter­wyl Ber­nard dank­sy sy werk ook vol plan­ne is.

E­ni­ge an­der wen­ke? Kom­bi­neer dit waar­van jy hou en waar­van jou man hou so­dat jul­le ’n vertrek het wat vir al­bei werk. Dit hoef vir nie­mand an­ders be­hal­we vir jul­le mooi te wees nie.

Waar­van hou jy die mees­te? Ek is mal oor die kui­e­ras­pek van die kom­buis. Dis groot en ge­sel­lig en het reg­tig die hart van ons huis ge­word.

Wat is vol­gen­de? ’n Ba­ba­ka­mer – of dan eer­der ’n dog­ter­tjie­ka­mer! >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.