V&A met Bil­ly

Tuis Opknap - - Inhoud -

E­ni­ge geld­spaar­wen­ke? Ek hou al­tyd die ad­ver­ten­sies in my om­ge­wing dop. Baie on­der­ne­mings ver­koop een keer per jaar ou voor­raad vir spot­goed­koop. Jy moet maar op ’n Sa­ter­dag­og­gend vroeg gaan tou­staan. Waar­van hou jy die mees­te? Die kom­buis voel so­veel lig­ter en gro­ter nou­dat al­les nie meer bruin en room­kleur is nie.

Wat is vol­gen­de? Aan die kom­buis wil ek niks ver­an­der nie. Ons is baie te­vre­de. Die bad­ka­mer is ’n an­der sto­rie. Ek het reeds ’n nu­we hoek­bad ge­koop vir net R100, as­ook al die sanitêre wa­re en ’n ver­hit­te hand­doek­re­ling, al­les op vroeg­og­gend-uit­ver­ko­pings. Nou hou ek die te­ël­pry­se dop ... ’n Mens weet nooit!

Die me­ran­ti­werk­blaaie (bo) is mooi én prak­ties. As dit be­ska­dig, kan dit net af­ge­skuur en weer ver­nis word. Dis ge­se­ël met Woodoc 20-po­li­u­re­taan­se­ë­laar. Die kroeg­stoel­tjies (links) se po­te is op­ge­dol­lie met Dulux Gloss E­na­mel in Sig­nal Red.

Die ag­ter­deur is die­self­de Duck Egg Blue van An­nie Slo­an as die kas­te. Die hort­jies skep ’n lan­de­li­ke ge­voel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.