Hoof­ver­an­de­rin­ge

Tuis Opknap - - Inhoud -

• Die spaar­ka­mer se k­lein en sui­te­bad­ka­mer is met ’n aan­gren­sen­de ka­mer s’n ge­kom­bi­neer. Die oor­spronk­li­ke deur is toe­ge­bou en ver­vang met een wat na die in­gangs­por­taal lei.

• ’n Ek­stra laag rou bak­steen­werk is aan­ge­bring om die vertrek soos ’n kel­der te laat lyk en voel. “Geen lug­ver­sor­ger is no­dig nie – die vertrek is lek­ker koel, selfs nog koe­ler na­dat ek ’n laag bak­steen­werk by­ge­voeg het vir ’n eg­te wyn­kel­der-voor­koms,” sê A­li­son.

• Ja­mie het A­li­son vrye teuels met die de­kor ge­gee en sy het uit­ge­haal met Fran­se de­kor ge­ïn­spi­reer deur hul Fran­se vakansies. Selfs die dak het spe­si­a­le be­han­de­ling ge­kry: plak­pa­pier van wyn­e­ti­ket­te.

• ’n Hout­voor­koms-vi­niel­vloer is ge­lê.

• A­li­son het mooi na­ge­dink oor die stoor­een­he­de om­dat hul­le ook gla­se en ’n toon­bank vir skink en voorsit sou no­dig kry. “Vir van die een­he­de het ek wyn­krat­te ge­kies wat ek plaas­lik ge­vind en in pas­ge­maak­te giet­ys­ter­rak­ke laat sit het. Ek wou nie hê die kel­der moet soos ’n kroeg lyk nie – van die krat­te is op wie­le on­der die toon­bank, waar ons die sterk drank bê­re,” ver­dui­de­lik sy. “Ek wou ook ’n paar oop rak­ke bin­ne be­reik hê om spe­si­a­le bot­tels wyn en li­keur uit te stal; daar­om strek die een­he­de nie tot teen die pla­fon nie.”

Wenk

Pas­ge­maak­te rak­ke is duur, sê A­li­son. As jy kos­te wil spaar, kies klaar­ge­maak­te rak­ke van ’n ver­skaf­fer soos Mak-rak. Of ge­bruik die wyn­krat­te net so op­ge­sta­pel op me­kaar – dit hoef nie in rak­ke te pas nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.