Hoof­ver­an­de­rin­ge

Tuis Opknap - - Inhoud -

• Die oor­spronk­li­ke bad­ka­mer ag­ter in die huis is ge­sloop.

• ’n Slaap­ka­mer is ver­deel om twee bad­ka­mers te skep: ’n a­par­te een vir gas­te (op die fo­to’s) en ’n en sui­te-bad­ka­mer vir die hoof­slaap­ka­mer (word nie hier ge­wys nie).

• Die stort­vloer in die gas­te­bad­ka­mer is ef­fens ver­hoog om plek te maak vir die lood­gie­terswerk, en ’n een­vou­di­ge glas­pa­neel is ge­ïn­stal­leer.

• Die bad is teen die bui­te­muur ge­ïn­stal­leer, wat die lood­gie­terswerk een­vou­di­ger ge­maak het.

• Die vloer is met ke­ra­miek­te­ëls af­ge­rond.

• Die blou fo­kus­muur ag­ter die was­bakeen­heid gee trefkrag en pas mooi by die te­ël­strook. Ca­ta­li­na het verf ge­kies wat die groei van bak­te­rieë, muf en swam­me be­perk.

• Al die mu­re is met Cop­rox Wa­ter­p­roof Du­al­co­at

af­ge­werk, ge­volg deur ’n laag Cop­rox Wall & Floor

Cle­ar Se­a­ler.

Ons is dol oor die blou fo­kus­muur,

Plas­con se Ber­ry Stain!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.