Re­de vir op­knap

Tuis Opknap - - Inhoud -

Toe Ga­ry in 2013 af­tree, het hy en Tish na ’n nu­we, mo­der­ne du­pleks ge­trek wat min on­der­houd vra. Geen op­knap­werk was no­dig nie, maar die tuin was ka­rak­ter­loos en nie juis die ver­wel­ko­men­de ruim­te wat hul­le graag wou hê nie.

“Ons glo ’n tuin moet deel uit­maak van jou leef­ruim­te,” sê Tish, wat haar eie me­die­se on­der­ne­ming het. “Jy moet kan ag­ter­oor­sit en ont­span.” In die ag­ter­tuin, wat noord front, was daar geen ska­du­wee of braai­plek nie, ter­wyl die bin­ne­hof by die voor­deur die le­lik­ste rooi pla­vei­ste­ne ge­had het. “Dit sou die eer­ste in­druk wees wat kui­er­men­se van ons huis sou kry, en dit sou men­se nie juis wel­kom laat voel nie.”

Ga­ry en Tish is lief vir ont­haal en nooi graag vrien­de vir ete bui­te. Hul­le het die ag­ter­tuin die­self­de jaar wat hul­le in­ge­trek het on­der han­de ge­neem en al die werk self ge­doen, bui­ten om die kuns­gras te lê. “Die pro­jek het ons ses maan­de lank be­sig ge­hou; ons het in die len­te van 2013 aan die werk ge­spring en het vroeg ver­le­de so­mer klaar­ge­maak,” ver­dui­de­lik Ga­ry.

Prak­tie­se af­wer­king was vir die paar­tjie be­lang­rik; daar­om het hul­le die gras­perk ver­vang met kuns­gras en ’n dek wat hul­le in Sep­tem­ber 2014 ge­bou het. Die bin­ne­hof by die voor­deur het ook ’n ge­daan­te­wis­se­ling on­der­gaan en lyk nou net so ge­sel­lig soos die in­wo­ners.

“Dit was ’n op­win­den­de uit­da­ging om ons tuin reg te ruk en ons het dit ge­niet om ons han­de vuil te maak, die plek mooi te maak en win­sko­pies op Gum­tree te soek,” sê Tish.

Ga­ry en Tish op hul ag­ter­stoep wat heer­li­ke noor­des­on kry.

Wie woon hier? Ga­ry en Tish Bier­man WAAR Ed­ge­me­ad, Kaapstad

GROOT­TE 48 m2 (ag­ter), 18 m2 (voor)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.