Ou huis se nu­we trots

Met ’n uit­sig op die Ka­mies­ber­ge is dié ou plaas­huis se fa­sa­de nou som­mer tops.

Tuis Opknap - - Inhoud - Deur Wi­cus P­re­to­ri­us • Fo­to’s Verskaf

is soos My ou­pa het ge­sê ’n ou huis

met baie ’n ou mens – as jy hom nie

nie, kan ge­duld en re­spek be­han­del

maak. hy die le­we vir jou baie moei­lik

– Es­mi

As ’n plaas­huis die nuk­ke van vyf ge­slag­te moes deur­staan, is dit se­ker te ver­sta­ne dat die struk­tuur ná baie ja­re ’n bie­tjie ge­ha­wend sou wees. En so was dit ook hier op die plaas Groot­val­leij in die Na­ma­kwa­land.

Toe P­hi­lip en Es­mi – sy is ’n nooi Van der West­hui­zen en die ses­de ge­slag wat hier woon – in 2012 ná twee jaar oor­see hier in­trek, was ’n reg­ruk dus dié plek se voor­land.

Hul­le het be­gin by die be­gin: die stoep. “Voor ons daar in­ge­trek het, het die huis by­na 15 jaar leeg ge­staan en daar­om in ’n baie swak toe­stand,” ver­tel Es­mi. “Maar die eint­li­ke pro­bleem was al die ver­an­de­rin­ge of lap­werk wat die be­wo­ners voor ons aan­ge­bring het – nie al die i­dees was goei­es nie. Die huis het heel­te­mal sy ka­rak­ter ver­loor en ons wou dit graag vir hom te­rug­gee.”

Hul­le het ’n ou fo­to by Es­mi se ou­pa se oud­ste broer, oom Neel­sie van der West­hui­zen (93), ge­kry en daar­vol­gens hul reg­ruk be­plan.

Hul­le is nog lank nie klaar nie, maar met ’n splin­ter­nu­we fa­sa­de kry gas­te wat hier op die plaas aan­kom (Es­mi be­dryf ook ’n gas­te­huis) ’n vrien­de­li­ke ver­wel­ko­ming.

“Die ou huis het nou weer sy trots te­rug­ge­kry,” sê sy. “Daar is so­veel van my fa­mi­lie se ge­skie­de­nis in die huis vas­ge­vang dat dit hart­seer was om die huis so ver­val­le te sien. Dis ook ’n heer­li­ke stoep vir A­lex­an­der se swart skop­fiet­sie, al is dit ten kos­te van sy ou­ers se gees­tes­ge­sond­heid!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.